Leesplan inligting

VriendskapVoorbeeld

Vriendskap

DAG 14 VAN 43




Ondersteuning in ’n Gebroke Wêreld


Lees: Hebreërs 10:24-25, Rut 1:16-17


SOAP: Hebreërs 10:24-25


Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.


Oordenking


Om mekaar se laste te dra is moeilike werk. Soms doen ons dit letterlik: as ’n vriend verhuis, kan jy help om swaar meubels en bokse op en af te dra, in ’n vragmoter in te laai en alles by hul bestemming af te laai. Soms is hierdie laste emosioneel of geestelik, soos hartseer, vrees, geestesongesteldheid of geloofsvrae. Die werk om laste te dra kan vermoeiend wees, en baie van ons kom voor die versoeking om op te gee. Wanneer ons voel dat ons al soveel vir ons vriende gedoen het deur fisiese, tasbare laste te dra, kan ons in die versoeking kom om tou op te gooi met hul emosionele of geestelike laste.


Maar ’n goeie vriend laat vaar nie hul verhoudinge nie. Net soos die kerk die opdrag gegee word om aan te hou om bymekaar te kom, selfs wanneer dit moeilik is en net soos Rut aan Naomi getrou was, selfs al was sy nie verplig om by haar te bly nie, word ons geroep om ons vriende te ondersteun. Ons kan mekaar aanmoedig om God meer opreg lief te hê en Hom getrouer te dien deur ons volhardende vriendskap. Wanneer dit makliker sal wees om tou op te gooi met iemand, is dit presies die belangrikste oomblik om aan te toon dat ons liefde van God kom, nie van onsself nie. Hy is die bron van ons getrouheid aan mekaar.


Gebed


God, help my om my vriende lief te hê. Wys my wie my ondersteuning nou nodig het en wys my hoe ek dit met behulp van u krag kan voorsien. Amen.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeen...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid