Leesplan inligting

Herontdek die KersfeestydVoorbeeld

Rediscovering the Christmas Season

DAG 6 VAN 25

Die Geskenk



Blootstelling:

Lees hierdie verse oor mense wat gee. Gaan doen Kersfees inkopies vir iemand wat nie jou naaste familie is nie, soos 'n pasiënt in die hospitaal, die posman, jou tuinwerker of 'n peetkind.



Verkenning:

Wat is die werklike rede om 'n geskenk te gee? Op watter manier is Jesus die beste geskenk wat jy al ooit gekry het?



Uitdrukking:

Hoe vrygewig is jy met jou tyd, aardse besittings en talente? Leef jy asof dit werklik meer geseënd is om te gee as om te ontvang? (Handelinge 20:35 NLV) Hoe kan jy dit hierdie Kersfeestyd meer voluit leef?



Belewenis:

Bespreek 'n geleentheid met vriende of familie, of skryf dit neer, toe jy iemand geseën het met oordadige vrygewigheid of 'n keer toe jy geseën was deur iemand se oordadige vrygewigheid. Bring tyd in gebed deur en vra God om jou te help om meer vrygewig te word namate jy die gawe van liefde wat Hy ons gegee het beter verstaan.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Rediscovering the Christmas Season

Begin 'n nuwe Kersfeestradisie met 'n nie-tradisionele verandering van die Adventstyd. 1 Desember is 'n ideale dag om hierdie avontuur te begin, maar as jy vroeër begin, het jy meer tyd om dit op 'n stadiger pas te volto...

More

Baie dankie aan Life.Church se vrygewigheid om die struktuur vir hierdie leesplan, Herontdek die Kersfeestyd te verskaf. Om meer oor Life.Church te wete te kom, besoek hulle webtuiste by www.life.church.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid