Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 18 VAN 30

Wees Lief vir God en Wees Lief vir Mense



Sterrekundiges wat die wentelbaan van Uranus dopgehou het, het gesien dat dit nie soos gewoonlik gelyk het nie. Dit was asof daar 'n ander planeet naby was wat Uranus deur sy aantrekkingskrag nadergetrek het. Die wetenskaplikes het wiskundige formules gebruik om die ligging en gewig van die onbekende voorwerp te bereken. In 1846 het hulle dit vir die eerste keer gesien—die onbekende planeet Neptunus. Wiskunde het gehelp om Neptunus te identifiseer nog voor hulle dit kon sien!



Dit laat my dink aan hoe ongelowiges God in ons kan sien, nog voor hulle Hom as God erken. Hoe is dit moontlik? Ons kry nie 'n kenteken of baadjie as ons tot bekering kom, wat aandui dat ons Jesus se dissipels is nie. Party mense baseer hulle waarneming op die feit dat ons kerk toe gaan, maar ons weet dat dit nie al is wat ons identifiseer nie. Dit is soms baie moeilik om iemand as 'n ware dissipel van Christus te identifiseer.



In Johannes 13 verklaar Jesus hoe dit moontlik is—selfs sonder enige uitwendige tekens—om iemand as 'n ware Christen te herken: deur die manier waarop ons mekaar liefhet. Jesus het gesê: "Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê." (v. 34)



Dit behoort ons nie te verbaas nie, want liefde is 'n integrale deel van ons geloof in Hom. Onthou dat liefde die grootste gebod is, (Matteus 22:37-38) en die uitvoering van die hele Wet (Romeine 13:8). Liefde is ook die bewys dat Christus die Here oor ons lewens is. Jesus sê: "As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is" (Johannes 13:35).



Ons liefde vir mekaar openbaar waarlik ons liefde vir God! -Peter Chin



MEER: Lees 1 Korintiërs 13:1-13 en vind uit hoe belangrik liefde is.



VOLGENDE: Hoe kan jy sien dat iemand 'n gelowige is? Vir wie moet jy lief wees? Hoe vra God jou om die persoon opreg lief te hê?


Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid