Leesplan inligting

Christelike Minimalisme: Eenvoudige Stappe vir 'n Oorvloedige LeweVoorbeeld

Christian Minimalism: Simple Steps for Abundant Living

DAG 7 VAN 7

Dag 7 — Diens



In hoofstuk 13 van die Johannes evangelie lees ons van Jesus wat gedurende die laaste maaltyd die dissipels se voete gewas het. Toe mense destyds 'n huis binnegekom het, was die tradisie dat 'n bediende die gaste se voete moes was. Mense het sandale gedra en omtrent oral geloop. Glo my, daardie voete was vuil. Stof, sweet, sand en wie weet wat nog na 'n hele dag se stap was daarop saamgekoek. Om mense se voete te was, was 'n vuil, walglike, nederige werk. 



Die voete-was is beeldspraak daarvoor om ‘n dienskneg te wees. Dit gaan daaroor om vuil te word terwyl jy God se werk doen. Dit gaan oor ‘n verbintenis met ons bure terwyl ons hulle dien. Dit gaan daaroor om mekaar lief te hê, selfs al is daar dalk iets van die ander persoon waarvan ons nie hou nie. Om 'n volgeling van Jesus te wees, gaan nie altyd daaroor om die spoggerige goed te doen nie. Dit gaan daaroor om mense te help en hulle te dien en hulle op klein maar belangrike maniere lief te hê (Filippense 2:3-4). 



Baie keer is hierdie kleinste dade nie die aangenaamste nie. Hulle is die vuil, pens-en-pootjies binne-in die lewe se vullishoop en smerige dade om te dien. Hierdie bediening en liefdedade is nie net iets wat Jesus vir ons sê om te doen nie, dit is wat Jesus ons roep om te doen. As Christene word ons geroep om te doen wat Jesus gedoen het: om ander te dien en hulle sonder huiwering lief te hê. Ons is geroepe om almal te dien en hulle lief te hê net soos God ons eerste liefgehad het.



Wanneer ons diegene in nood dien, is dit nie net die bediening wat belangrik is nie — maar ook die verbintenis. Alles wat Jesus gedoen het, het gegaan oor verbintenis met mense: genesing, onderrig, een-tot-een gesprekke, mense voed, voete-was. Om met mense te gesels, na hul verhale te luister, soveel as moontlik met hulle kontak te hou terwyl ons hulle ook help en dien — dit is hoe ons God se liefde deel.



Omdat die dien van ander 'n groot deel daarvan is om Jesus te volg, is dit een van die lewensterreine wat die meeste vir Christelike minimaliste saak maak. Deur diens vervul ons ons Godgegewe roeping en deel ons die goeie nuus van Jesus se onvoorwaardelike liefde vir alle mense.



Hoe roep God jou om ander in die Naam van Jesus te dien?



As jy hierdie 7-dag leesplan van Becca Ehrlich geniet het, sal jy dol wees oor die Christelike minimalisme boek: Christian Minimalism: Simple Steps for Abundant Living en die Christian minimalism blog.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Christian Minimalism: Simple Steps for Abundant Living

Ons weet almal dat ons doel in die lewe nie verstrengel is in die versamel van besittings, rykdom, mag en aansien nie — Jesus is baie duidelik daaroor — maar die samelewing vertel ons anders. Christelike Minimalisme poog...

More

Baie dankie aan Christian Minimalism wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus://www.christianminimalism.com/book/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid