Leesplan inligting

Christelike Minimalisme: Eenvoudige Stappe vir 'n Oorvloedige LeweVoorbeeld

Christian Minimalism: Simple Steps for Abundant Living

DAG 6 VAN 7

Dag 6 — Roeping



Om 'n volgeling van Jesus te wees, beteken dat ons uitgenooi word om ons bediening te vervul — die Latynse woord vocare beteken: “om te roep". Ons bediening is God se roeping aan ons (1 Korintiërs 7:17).



Ons deel 'n doopbediening, of roeping, wat insluit om behoeftiges te help, Jesus se liefde met ander te deel en mense te help om God net soos ons te ervaar. Ons doopbediening as God se eie geliefde kinders bepaal ons identiteit; dit gaan nie oor ons werk, hoeveel geld ons het of wat ons besit nie.



Ons het ook 'n persoonlike bediening of roeping. Die Heilige Gees gee vir ons elkeen verskillende geestelike gawes om ons te help om daardie diens uit te leef. Elkeen van die rolle waarin ons dien — ouer, broer of suster, werknemer, werkgewer, mentor — is ook 'n deel van ons persoonlike roeping. Ons is geroepe tot ons Godgegewe bedienings, ongeag wat ons werk is, of waarmee ons gedurende die dag besig is. Ons is geroepe om alles in die Naam van Jesus te doen (Kolossense 3:17).



Christelike minimaliste streef daarna om die lewe te leef waartoe Jesus ons roep: om God en ander te dien eerder as om voortdurend rykdom, roem, materiële besittings en wêreldse prestasies of toekennings na te jaag. Om te leef volgens God se doel vir ons, is om te fokus op wat die belangrikste is, dit waarvoor ons deur God geskep en geroep is om te doen.



Hoe ervaar jy dat God jou roep om beide jou doop- en persoonlike roeping te vervul??


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Christian Minimalism: Simple Steps for Abundant Living

Ons weet almal dat ons doel in die lewe nie verstrengel is in die versamel van besittings, rykdom, mag en aansien nie — Jesus is baie duidelik daaroor — maar die samelewing vertel ons anders. Christelike Minimalisme poog...

More

Baie dankie aan Christian Minimalism wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus://www.christianminimalism.com/book/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid