Leesplan inligting

Christelike Minimalisme: Eenvoudige Stappe vir 'n Oorvloedige LeweVoorbeeld

Christian Minimalism: Simple Steps for Abundant Living

DAG 4 VAN 7

Rentmeesterskap is die gebruik en bestuur van alle hulpbronne waarvan God ons voorsien, tot sy verheerliking en tot die opbouing van die koninkryk van God hier op aarde. 



Om goeie rentmeesters te wees, beteken om dit wat God ons gee verstandig te gebruik en hoe God wil hê ons ons Godgegewe gawes moet gebruik. Hierdie gawes sluit tyd, geestelike gawes, energie, geld, materiële besittings en die skepping in. Ons word deur God uitgenooi om hierdie gawes doelgerig en oordeelkundig te gebruik (1 Petrus 4:10-11). 



Anders as ons verbruikerskultuur, wat ons aanmoedig om voortdurend dinge te koop wat ons nie nodig het nie om sodoende 'n ontwykende materialistiese geluk na te jaag, poog Christelike minimaliste om doelgerigte verbruikers te wees en met minder te leef. God roep ons om ons hulpbronne doelgerig en verstandig te gebruik.



Jesus vertel die gelykenis van die ryk dwaas (Lukas 12: 13-21) om te illustreer dat ons verhouding met God die belangrikste is, nie die ophoping van rykdom of goed nie. Ons word as volgelinge van Jesus geroep om nie soveel moontlik dinge bymekaar te maak nie, maar om te konsentreer om rykdom in ons verhouding met God te vind. 



God roep ons tot 'n lewe van goeie rentmeesterskap, doelgerigte verbruik en om met genoeg te leef. Hoe roep God jou persoonlik om 'n goeie rentmeester van jou Godgegewe gawes te wees?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Christian Minimalism: Simple Steps for Abundant Living

Ons weet almal dat ons doel in die lewe nie verstrengel is in die versamel van besittings, rykdom, mag en aansien nie — Jesus is baie duidelik daaroor — maar die samelewing vertel ons anders. Christelike Minimalisme poog...

More

Baie dankie aan Christian Minimalism wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus://www.christianminimalism.com/book/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid