Leesplan inligting

Christelike Minimalisme: Eenvoudige Stappe vir 'n Oorvloedige LeweVoorbeeld

Christian Minimalism: Simple Steps for Abundant Living

DAG 5 VAN 7

Dag 5 — Geestelike Groei 



Om 'n volgeling van Jesus te wees, beteken om ons verhouding met God te koester. Dit is 'n natuurlike deel van wie ons is. Jesus self het tyd afgestaan om te bid, selfs terwyl Hy gereis, mense onderrig en met sy bediening besig was. Omdat ons die Heilige Gees in ons het, is ons in staat om na die Gees se leiding en aansporing te luister, selfs terwyl ons met ons alledaagse lewe aangaan (1 Korintiërs 3:16).



Ons weet om in ons verhouding met God te groei, is een van die belangrikste dele van Christenskap, maar te dikwels neem ander dinge die plek daarvan. Christelike minimaliste streef daarna om geestelike groei 'n prioriteit te maak en ander dinge uit die weg te ruim.



'n Groot deel van ons verbruiker-samelewing is om goed te versamel. Die goed wat ons ophoop, is eintlik rommel; ons word omring deur ons oordadigheid: die misbruik van ons Godgegewe tyd, geld en hulpbronne. Hierdie oordadigheid begin om vinnig die res van ons lewens te oorheers en vertroebel. Dit kan ons selfs weerhou van 'n wonderlike verhouding met Jesus. 



Ons lees in Filippense 3:7-8 dat Paulus alles wat hy eers as 'n bate gesien het, toe as verwerplik beskou en dit prysgegee het, sodat sy verhouding met Jesus Christus sy enigste bate is. Paulus was 'n Christelike minimalis. Nadat hy besef het dat 'n verhouding met Jesus die belangrikste is, het hy ontslae geraak van al die waardelose rommel wat hom van God weerhou het. Hy het Jesus bo alles vooropgestel — selfs bo wat die samelewing van hom verwag het.



Hoe inspireer die Heilige Gees jou om "die rommel prys te gee" wat in jou lewe is sodat jy werklik op God en jou geestelike groei kan fokus?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Christian Minimalism: Simple Steps for Abundant Living

Ons weet almal dat ons doel in die lewe nie verstrengel is in die versamel van besittings, rykdom, mag en aansien nie — Jesus is baie duidelik daaroor — maar die samelewing vertel ons anders. Christelike Minimalisme poog...

More

Baie dankie aan Christian Minimalism wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus://www.christianminimalism.com/book/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid