Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 5 VAN 90

BEREI DIE GROND VOOR Lees Lukas 8:16-18 Jesus waarsku ons dat daar 'n dag sal kom dat niks meer verborge sal bly nie; dat die toestand van ons harte geopenbaar sal word. Maar dan gaan dit te laat wees. Neem 'n oomblik en bedink wat Jesus op jou hart lê. Vra jouself die vraag af, "HOE reageer my hart tot God se woord?" Dit laat my terugdink aan toe ek nog in graad een was. My gedagtes het maklik in die klas gedwaal en ek het nie op my skoolwerk gefokus nie. As ek 'n swak toetsuitslag gekry het, wou ek dit nie huis toe vat nie. My onderwyser het altyd op Vrydae middae al ons uitslae in 'n lêer geliaseer. Ek sou dan oppad huis toe al die swak toetsuitslae uithaal en in die asblik gooi. Ek was bang dat my ma al my mislukkings gaan raaksien. Maar aan die einde van die termyn het my rapport die volle waarheid vertel! Gelukkig het ek my les geleer. Ek het skuldig gevoel omdat ek die waarheid weerhou het en my ouers mislei het, en ek het ook nie gehou van 'n "O", vir ontevrede, op my rapport nie. So, dit was beter vir my om maar te bely.. Jy mag dalk nooit jou toetse vir jou ouers weggesteek het nie! Jou gedagtes mag dalk egter maklik dwaal en jy neem nie God se woord ernstig op nie. Jy mag dalk die toestand van jou hart van God en ander mense probeer weerhou. Ons almal is geneig om ons lewens met die van ander te vergelyk. Ons toets ons heiligheid en gehoorsaamheid asof God ons op 'n glyskaal gradeer. Hy doen nie. Ons is bang om God ons harte te laat sien vir wat dit regtig is. Moenie bang wees nie. Sê vir Hom dat jy nie eendag voor Hom wil staan en uitvind dat jy net 'n "O" gekry het nie. Dis beter om nou daarna te kyk. Vra die Here vir Sy guns om te kan doen wat gedoen moet word. Wat beteken dit? Verandering? Onderwerping? Opgee wat ek graag wil doen? Weet dat jy nie die enigste een is wat hierdie pad stap nie. Dis nie nodig om bang te wees of om weg te kruip nie. Roep na God: " O Here, ek het U guns nodig!" Hy sal jou die krag en vermoë gee wat jy nodig het. Lees Galasiërs 2:20
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid