Leesplan inligting

Diep Reiniging: Raak Ontslae van Skaamte, Giftige Invloede en OnvergewensgesindheidVoorbeeld

Deep Clean: Getting Rid of Shame, Toxic Influences, and Unforgiveness

DAG 5 VAN 7

Diep Reiniging van Onvergewinsgesindheid 



Die proses om diep te reinig is lank en pynlik. Jy gaan nie net die rommel optel nie, maar jy gaan ook die verskuilde vuilheid opruim wat in die vloerlyste, hoekies en die plekke is waar jy nie gewoonlik kyk nie. In die begin van die proses lyk en voel dit na 'n groter deurmekaarspul as voor jy begin het en jy kom in die versoeking om moed op te gee en weg te loop. 



Die proses om ons siele diep te reinig, werk op dieselfde manier. Dit is pynlik om 'n leeftyd se emosionele bagasie uit te pak. Slegs wanneer ons deurdruk sal ons genesing vind.



Een van die moeilikste dinge om te reinig is onvergewingsgesindheid. Ons is in die versoeking om te dink dat onvergewingsgesindheid ons krag gee, maar in werklikheid is ons self die slagoffer. 



Nogtans klou ons vas aan onvergewinsgesindheid, oortuig daarvan dat dit geregverdig is. 



As Jesus se volgelinge, fokus ons egter nie op dit wat regverdig is nie. Ons fokus op getrouheid.  



Een van die getrouste dinge wat ons kan doen is om te vergewe, veral wanneer dit onverdiend is. 



Kyk in die Skrif hoe hierdie twee verse vergifnis beskryf:  



"Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het" Efesiërs 4:31-32.


"Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie" Kolossense 3:8. "Julle is die uitverkore volk van God wat Hy liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar ... Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe" vers 12-13.


Ons moet die bitterheid, woede en grimmigheid diep reinig en dit vervang met deernis, vriendelikheid en nederigheid. Hoekom? Ons is vir baie vergewe. 



Dit is nie maklik om te vergewe nie. Wanneer ons Jesus volg, lewe dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het ook in ons. Sy Gees is kragtig genoeg om ons te help om ander wat ons seergemaak het, selfs op die verskriklikste maniere, te vergewe. 



Wanneer dit vir jou 'n stryd is om te vergewe, dink na oor hierdie vraag: "Wil jy reg wees of wil jy genees word?" 



Jy kan kies om vas te hou aan die seer, oortuig daarvan dat om telling te hou jou 'n entjie voor hou. Of jy kan kies om te vergewe, wetende dat jy nooit méér soos die Vader is nie as wanneer jy een van sy kinders vergewe. 



Hierdie soort diep reiniging vereis nederigheid, eerlikheid en deernis vir jou en ook die ander persoon. Alhoewel vergifnis nie 'n tower-oplossing is wat al jou probleme sal regmaak nie, help dit jou om jou oë op jou Vader te hou wat jou lei, help en in die proses toejuig. 



Gebed: Vader, dankie vir U vergifnis deur Jesus. Ek sukkel regtig om _______ te vergewe vir ________. Ek weet dat vergifnis vryheid beteken en ek wil graag vry wees. Help my om my seerkry aan U oor te gee sodat ek u goedhartigheid, vertroosting en deernis kan ontvang. Ek wil vandag en elke dag kies om ander te vergewe. Help my om nie gegrief te voel nie, maar om gedurende die hele proses goedhartigheid te kies en vertroue in U te hê. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Deep Clean: Getting Rid of Shame, Toxic Influences, and Unforgiveness

Sê nou jy het nie nodig om te wag totdat jy breekpunt bereik om dit wat in jou lewe gebroke is te herstel nie? Net soos wat ons daarin belê om ons huise skoon te maak, is dit tyd om die Heilige Gees uit te nooi om ons ha...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid