Leesplan inligting

Diep Reiniging: Raak Ontslae van Skaamte, Giftige Invloede en OnvergewensgesindheidVoorbeeld

Deep Clean: Getting Rid of Shame, Toxic Influences, and Unforgiveness

DAG 2 VAN 7

Diep Reiniging van Ons Skaamte



Hoe sou jou lewe gelyk het as jy nooit skaamte ervaar het nie? Verbeel jou om nooit onwaardig te voel nie, onvoldoende of dat jy jouself moet bewys nie. Watter risiko's sou jy kon geneem het indien skande en skaamte jou nie teruggehou het nie? 



Ongelukkig lewe ons in 'n gebroke wêreld en skaamte is nie vir ons vreemd nie. Trouens, skaamte is een van die eerste emosies wat opduik na ons sonde gedoen het.  



Wat is skaamte dan? 



Skaamte is die oorweldigende gevoel dat ons foute ons identiteit word. Kom ons gaan terug na die tuin van Eden. 



God het vir Adam en Eva gesê dat hulle hulself kan help aan enige iets — behalwe aan die vrugte van een boom. Die slang het Eva egter oortuig om daarvan te eet, en sy het vir Adam oorreed om dit ook te eet — en skaamte het vinnig op hulle toegesak. 



In plaas daarvan om na God toe te hardloop en te erken dat hulle 'n fout gemaak het, het hulle halfhartig probeer wegkruip om die skaamte van hul naaktheid weg te steek. 



Ons doen dit ook. Ons maak foute, en ons instink is om dit weg te steek. Of ons is te verleë, beskaamd of trots om teenoor God en ander te erken dat ons gefouteer het, ons worstel met die skande van ons skaamte en voel alleen en gebroke. 



Skuldgevoelens sê: "Om die vrug te eet was verkeerd." Skaamte aan die ander kant sê: "Jy is sleg, want jy het die vrug geëet." 



Skuldgevoelens kan partykeer die deurgang wees na berou, om so uiteindelik ons verhouding met God te versterk. Skaamte hou ons egter vasgekeer in sonde, hou ons op 'n afstand van God af. 



Nietemin, wanneer ons vir Jesus volg, hoef ons nie in die skande van skaamte te lewe nie. Jesus se leë graf is 'n luide getuienis aan jou om skaamte van jou af te skud. Kyk net wat Jesus vir ons gedoen het:



"… Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy [Jesus] die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God" Hebreërs 12:2.


Kan jy jouself indink hoeveel skaamte Jesus moes verduur het toe Hy gekruisig is? Hy was naak, onherkenbaar geslaan en op die punt om 'n openbare dood te sterf. Tog het Hy die skaamte van die kruis verduur sodat ons vir eens en vir altyd skaamte kon oorkom. 



Dit is hoekom die antwoord om skaamte te oorwin nie 'n self-help aktiwiteit is nie. Dit gaan nie daaroor om goeie dinge te doen nie. Dit gaan nie daaroor om vir onsself te sê dat ons besonders is nie. Dit is nie om ons foute te ignoreer of om daarvoor te probeer vergoed nie. 



Die antwoord op ons skaamte is 'n leë graf. Wanneer ons minder fokus op wat ons gedoen het en meer op wat God is en wat Hy vir ons gedoen het — dan is ons op die weg om skaamte te verower. 



Die volgende keer wanneer jy vasgevang word in 'n spiraal van giftige skaamte, wanneer jy oortuig is wat jy gedoen het jou diskwalifiseer van God se familie, kan jy hierdie waarheid verklaar: 



Ek is nie ____. As gevolg van Christus is ek ____. 

Ek is nie sleg nie. As gevolg van Christus is ek vergewe (lees Romeine 8:1 en Johannes 3:17). 



Ek is nie gebroke nie. As gevolg van Christus is ek geliefd (lees Johannes 3:16). 



Ek is nie goed genoeg nie, maar Christus in my is meer as genoeg (lees Romeine 8:37). 



Watter leuen skaamte jou ook al vertel, skiet dit af met die waarheid van God. 



Gebed: Vader, ek wil nie myself langer van U skei nie. Skaamte sê dat ek hopeloos te sleg vir u liefde is en te veel van 'n uitgeworpene. U sê egter, as gevolg van Christus is ek geliefd, waardig, uitverkore, geroepe en vergewe. Vervang die leuens wat ek glo met u waarheid. Dankie Jesus dat U die skaamte oorwin het en vryheid daarvan aanbied. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Deep Clean: Getting Rid of Shame, Toxic Influences, and Unforgiveness

Sê nou jy het nie nodig om te wag totdat jy breekpunt bereik om dit wat in jou lewe gebroke is te herstel nie? Net soos wat ons daarin belê om ons huise skoon te maak, is dit tyd om die Heilige Gees uit te nooi om ons ha...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid