Leesplan inligting

Wie is Jesus? Deel 4Voorbeeld

Who Is Jesus? Part 4

DAG 7 VAN 7

Wat Sal Jy Sê?



Twee ongelooflike, lewensveranderende dinge gebeur in die laaste hoofstuk van die evangelie van Matteus. Maak jou dus gereed, want ons trek met 'n slag weg! 



Eerstens is die graf leeg! Vrydag is Jesus as 'n misdadiger gekruisig en Sondag is Hy opgewek as ons Koning, wat Jesus die enigste persoon in die hele menslike geskiedenis gemaak het wat sy eie dood en opstanding voorspel het — en dit werklik so gebeur het. Dit verander alles! Hy het nie net gesê Hy gaan sy lewe gee om die mensdom van sonde te red en dan die dood van sy krag te beroof deur sy opstanding nie … Hy het dit werklik gedoen. 



Nadat Hy verskeie kere in die dae ná die opstanding aan sy volgelinge verskyn het, vind ons Jesus en die dissipels bymekaar op 'n berg. Jesus is op die punt om hulle, en vir ons, uit te stuur, die wêreld in om voort te gaan met wat Hy begin het. Om hierdie wonderlike nuus te verkondig dat ons God deur Jesus se lewe, dood en opstanding, weer Koning geword het; en sy koninkryk sal op aarde kom soos in die hemel, en ons word almal uitgenooi om deel daarvan te wees. 



Kantaantekening: Jesus se dissipels het vir Hom, wat uit die dood opgestaan het, op die berg gewag. Toe hulle Hom sien, het hulle neergeval en Hom aanbid, en nogtans het sommige getwyfel. Net hierna, rig Jesus die sendingopdrag aan sy volgelinge. Selfs aan diegene wat getwyfel het. Dit was nie asof Hy gesê het: Wag eers Vader, onderbreek die hemelvaart. Ek moet eers van hierdie twyfelaars ontslae raak. Want by Jesus diskwalifiseer twyfel jou nie. Jy word steeds uitgenooi om met Hom te deel in die sendingwerk om die hemel aarde toe te bring. Selfs wanneer jy vrae, bekommernisse en twyfel het. 



Hier is dus die opdrag: 



"Jesus kom toe nader en sê vir hulle: 'Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld'” Matteus 28:18-20.

Wie is Jesus? Jesus is ons opgestane Koning, Hy is die Een wat al die gesag besit, Hy is die Seun van die mens, ons volmaakte Gids — letterlik die sigbare beeld van ons onsigbare God! Hy is die Messias, Seun van Dawid. 'n Tweede en beter Moses. Hy is steeds "God by ons". Vanaf bladsy een van hierdie leesplan was Jesus Immanuel, God by ons, en op die laaste bladsy, in die laaste vers, is dit nog presies wie Jesus is. 



Wat beteken dit vir jou en my? Dit beteken dat ons uitgenooi word om vennote te wees van die Koning van die heelal. Ons moet sy beeld dra en sy sending in die hele wêreld bevorder. Ons is sy gekose ambassadeurs. Sy dissipels, sy volgelinge. Regdeur hierdie leesplan het ons soveel van Jesus leer ken en verstaan wie Hy is. Wat ons in sy laaste woorde sien, is dat diegene wat Jesus ken, hierdie wonderlike opdrag deel om Hom te gaan bekendmaak.



Wat sal jy dus sê as iemand jou die belangrike vraag vra: Wie is Jesus?



Wil jy meer oor Jesus weet en hoe om Hom te volg? Kyk dan na 21 Dae van Dissipelskap in die Switch leesplan-versameling.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus? Part 4

Wie is Jesus? Dit is die fundamentele vraag. As Jesus regtig is wie Hy gesê het Hy is, verander dit alles. As Jesus egter nie is wie Hy gesê het Hy is nie, verander dit ook alles. Sluit by ons aan in die finale deel van ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid