Leesplan inligting

Wie is Jesus? Deel 4Voorbeeld

Who Is Jesus? Part 4

DAG 1 VAN 7

Wat Maak Jou, Jy?






Jy het Deel 4 van die bespreking oor Matteus se evangelie bereik. Om in die voetspore van Jesus vir die afgelope 21 hoofstukke te kon stap, het ons in staat gestel om soveel meer te ontdek oor wie Jesus is en wie ons geroepe is om te wees. As jy nog nie Dele 1,  2,  en 3  gelees het nie, gaan terug en kyk daarna  omdat dit werklik die weg baan vir alles wat in die laaste week van Jesus se lewe sou plaasvind. 






In die vorige hoofstuk het ons gesien hoe Jesus die stad Jerusalem binnegaan. Ons het duidelik gesien dat alles waarvoor Jesus staan, so anders was as waaraan die Romeinse kultuur waarde geheg het. Vir hulle het alles oor trots, posisie en mag gegaan. Terwyl Jesus se voorbeeld diens, nederigheid en selfopoffering weergegee het. Nou is die godsdienstige leiers, bekommerd oor Jesus se invloed, aktief op soek na maniere om Hom te vervolg. 






Toe het die Fariseërs gaan beplan om Jesus met 'n vraag in 'n val te lok ... "Sê vir ons wat dink u: Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal, of is dit nie?" Matteus 22:15, 17.



Jesus, wat deur hulle valsheid gesien het, gee 'n skitterende antwoord.  






“'Wys vir My die muntstuk waarmee die belasting betaal word.' Hulle bring toe die muntstuk vir Hom, en Hy vra vir hulle: 'Wie se kop en naam is hierop?' 'Die keiser s'n,' antwoord hulle. Jesus sê toe vir hulle: 'Gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort'” Matteus 22:19-21.



Die mense wat gestuur is om Jesus vas te trek, het verbaas weggestap. Hulle is op ‘n uiters veelseggende wyse tereggewys. Wat sê Jesus? Hy sê dat die beeld wat op ons gestempel is, dié van God is. Ons behoort aan Hom. Wat jou dus definieer, is nie jou gevoelens op 'n spesifieke oomblik nie, dit is nie jou verlede, jou planne of jou groot voornemens nie — dit is nie wat met jou gebeur het nie. Dit is die beeld van God in jou binneste. Jesus roep ons ook om so te lewe dat dit in ooreenstemming is met die beeld van God binne ons.






Hoe begin ons selfs om dit te doen? Gelukkig het ons 'n voorbeeld, 'n gids. Jesus is die volmaakte beeld van ons onsigbare God. Hy is God en Hy is heilig. Met ander woorde, vir Jesus is die beeld wat Hy weergee, nooit op enige manier deur sonde verdraai nie. Jy kan dus met vertroue na Jesus kyk as jou volmaakte voorbeeld en gids wanneer dit daarby kom om getrou te wees aan wat jou werklik maak — die beeld van God in jou binneste. 






Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.' Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat” Matteus 22:37-40.



Dit is hoe ons wandel, hoe ons beginselvas leef met die beeld van God in ons: Ons het God lief met alles wat ons is, en ons het ander op dieselfde manier lief soos ons graag liefde wil ontvang, net soos Jesus ons liefgehad het. Die hele Ou Testament het ons hierop gewys en ons uitgenooi om die soort lewe te leef waar ons God aan die wêreld weerspieël. Jesus het vir ons kom wys hoe.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus? Part 4

Wie is Jesus? Dit is die fundamentele vraag. As Jesus regtig is wie Hy gesê het Hy is, verander dit alles. As Jesus egter nie is wie Hy gesê het Hy is nie, verander dit ook alles. Sluit by ons aan in die finale deel van ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid