Leesplan inligting

Wie is Jesus? Deel 4Voorbeeld

Who Is Jesus? Part 4

DAG 6 VAN 7

Sy Kroningsoomblik Was die Kruis



Die kruisigingsverhaal wat in Matteus 27 uiteengesit word, stem perfek ooreen met die proses van 'n nuwe keiser of koning wat die troon bestyg. Die koers van Jesus se bediening het ook gevolg op hierdie proses van 'n Israelitiese heerser wat koning geword het. Jesus is egter 'n heel ander soort koning wat 'n baie beter koninkryk van stapel gestuur het as enige van die koninkryke van hierdie wêreld. Hy is nie 'n koning wat sy volk stuur om vir Hom te sterf nie; Hy is 'n koning wat vrywillig vir ons gesterf het.  



Die proses wanneer Israelitiese konings aan bewind kom, het hulle aanwysing, voorstelling en kroning ingesluit. Hoe is Jesus dan as koning aangewys? Gewoonlik is konings met olie gesalf, wat simboliseer dat die Gees van God by hulle is en hulle bemagtig om te regeer. Dawid, Israel se grootste antieke koning, is byvoorbeeld deur die profeet Samuel gesalf toe hy nog 'n jong skaapwagter was. Dit het aangedui dat God Dawid gekies (aangewys) het om eendag die troon te bestyg. Jesus se oomblik van salwing het 'n bietjie anders gelyk. 



"Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos 'n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook 'n stem uit die hemel wat gesê het: 'Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My'” Matteus 3:16-17.

God self het vir Jesus aangewys en Hom met die Gees gesalf by sy doop. Jesus was dus bestem om koning te wees. 



Soos met Dawid, het Jesus se aanstelling nie direk na sy salwing gebeur nie. Beide Jesus en Dawid moes eers deur beproewings gaan. Dawid is deur sy pa gestuur om vir sy broers, wat op die oorlogsveld was, kos te neem. Daar het hy 'n Filistynse krygsman teëgekom wat Israel vir 40 dae getart het. Hierdie man was ook nie net 'n gewone voetsoldaat nie. "'n Baasvegter uit die laer van die Filistyne uit. Sy naam was Goliat en hy was ... drie meter lank" (1 Samuel 17:4). Dawid het egter op God vertrou. Sonder wapenrusting en sonder 'n swaard gaan hy Goliat tegemoet en triomfeer oor hom met 'n slinger en 'n klip. Dit was ook die derde keer wat Dawid voor 'n skynbaar onmoontlike teenstander te staan gekom en gewen het. Hy het 'n beer, 'n leeu en nou 'n reus verslaan. 



Net so is Jesus die woestyn in gelei vir 40 dae om versoek te word. Drie keer, het die Satan Hom versoek en aan Jesus geleenthede gebied om van die opdrag wat God hom gegee het, te onttrek. Jesus het egter nie geswig nie. Hy het op die Woord van God vertrou, elke versoeking weerstaan en sy toewyding gewys te midde van teenstand. Natuurlik sou dit vir beide Jesus en Dawid makliker gewees het om onder die druk te swig, maar in plaas daarvan het hulle getoon dat hulle goeie, getroue konings sou wees. 



Toe het die dag uiteindelik aangebreek dat Dawid koning oor die hele Israel geword het. 



Jesus se kruisiging het so verloop: "Toe trek hulle Hom 'n pers mantel aan en vleg 'n doringkroon en sit dit vir Hom op" (Markus 15:17). "Daar was op 'n bordjie aan die kruis geskrywe: 'Die koning van die Jode'” (vers 26). Die opskrif aan sy kruis het Jesus dus geïdentifiseer as die koning van die Jode, sy eie volk. Hy is die Vrydag as 'n misdadiger gekruisig. Op die Sondag is Hy egter opgewek as die Koning van die hele skepping. 



As sy volgelinge is ons geroepe om die goeie nuus te deel dat ons God deur die lewe, dood en opstanding van Jesus weer Koning geword het; dat sy koninkryk op aarde kom soos in die hemel, en almal van ons is uitgenooi om 'n rol te speel in sy verlossingsplan om die mensdom te red en die skepping te herstel. Dié dag kom wanneer Jesus sal terugkeer en die hele skepping Hom sal herken vir wie Hy is: Koning oor alles. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus? Part 4

Wie is Jesus? Dit is die fundamentele vraag. As Jesus regtig is wie Hy gesê het Hy is, verander dit alles. As Jesus egter nie is wie Hy gesê het Hy is nie, verander dit ook alles. Sluit by ons aan in die finale deel van ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid