Leesplan inligting

Wie is Jesus? Deel 4Voorbeeld

Who Is Jesus? Part 4

DAG 3 VAN 7

Dis die Einde van die Wêreld



In vandag se hoofstuk praat Jesus baie oor onderwerpe wat rampspoed en mismoedigheid kan aanvuur. Ongelukkig het baie mense egter verkeerde idees gevorm oor wat Hy regtig bedoel het. Laat ons dus 'n paar wanopvattings opklaar.  



Jesus antwoord hulle: "Pas op dat niemand julle mislei nie. Baie sal onder my Naam kom en sê: 'Ek is die Christus,' en hulle sal baie mense mislei. Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie. … Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit” Matteus 24:4-6, 36.

Ongelukkig lees baie mense hoofstukke soos hierdie oor die eindtyd en val dan vinnig in een van twee strikke. Óf die slaggat van vrees, óf dié van misplaaste afwagting. Die punt van apokaliptiese Skrifgedeeltes is nie om die einde van die wêreld te probeer voorspel of om vasgevang te raak in angs oor wat kom nie. Die punt is om ons te leer om Jesus getrou en toegewyd te bly volg deur die onvermydelike swaarkry wat ons sal ervaar. 



As volgelinge van Jesus kan ons met vertroue die toekoms instap omdat ons die einde van die verhaal ken. Ons Koning het die dood, die hel en die graf oorwin, en dieselfde Gees wat Hom uit die dood opgewek het, woon in ons. Dit maak dus nie saak wat oor ons pad kom nie, ons hou ons oë gevestig op Jesus. In die weergawe van Johannes se evangelie, spel Jesus dit duidelik uit: 



“Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” Johannes 16:33.

Wat Jesus aan ons openbaar, is nie om ons die skrik op die lyf te jaag of in 'n gier van berekeninge te stuur om die einde van die wêreld te voorspel nie. Dit is eintlik sodat ons in Hom vrede kan hê. Laat dit vir 'n oomblik insink. Dit is duidelik dat ons swaarkry sal ervaar. Om Jesus te volg is NIE die maklike uitweg nie. Dit is nie 'n "vrystellingsbrief" nie. Dit is 'n uitnodiging om met God saam te werk om sy koninkryk op aarde te vestig soos dit in die hemel is. Jesus het oorlog teen die hel verklaar en die uiteindelike oorwinning met sy dood en opstanding behaal. Daar is egter steeds intense weerstand gedurende die skoonmaakproses. Dit sal ook eers klaar wees wanneer Jesus weer kom. Intussen het ons egter 'n taak om af te handel. Dit is nie om die einde van die wêreld te voorspel nie — nie eens Jesus weet die presiese oomblik wanneer Hy terugkom nie! Ons taak is om voort te gaan met die herstelproses waarmee ons opgestane Koning begin het. 



Dus, in plaas daarvan om hoofstukke soos hierdie toe te laat om ons bang te maak; kom ons besef dat dit eintlik bedoel is om ons voor te berei en aan te spoor om ons lewens met getrouheid, vrede en hoop te leef. Want ons ken die einde van die verhaal. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus? Part 4

Wie is Jesus? Dit is die fundamentele vraag. As Jesus regtig is wie Hy gesê het Hy is, verander dit alles. As Jesus egter nie is wie Hy gesê het Hy is nie, verander dit ook alles. Sluit by ons aan in die finale deel van ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid