Leesplan inligting

Wie is Jesus? Deel 1Voorbeeld

Who Is Jesus? Part 1

DAG 1 VAN 7

Lank Gelede ...



“Elke naam het 'n verhaal en elke verhaal is vir God belangrik.” — Pastoor Craig Groeschel 



Op bladsy 1 van die evangelie volgens Matteus kry ons hierdie lang lys van name. Dit is miskien nie die treffendste inleiding as jy die aandag van die leser probeer trek nie. Tog, stel jou voor jy is besig om te kyk na die teks wat oor die skerm rol voor die aanvang van 'n rolprent waarvan jy baie hou. Jy kan nie vinnig genoeg lees om soveel as moontlik inligting te kry van die epiese verhaal wat nou binnekort op die skerm voor jou gaan afspeel nie! Dit is presies hoe Matteus se lesers sou gevoel het. Hierdie geslagregister het die afwagting geskep van 'n Persoon se verhaal wat nou vertel gaan word. En, Matteus het dit duidelik gemaak van die begin af: hierdie verhaal wat nou volg, is nie enige alledaagse verhaal nie. 



Die geslagregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham … Matteus 1:1.



Messias, Seun van Dawid, seun van Abraham. Uit die name wat hier gebruik word, is dit duidelik dat hierdie nie 'n gewone verhaal gaan wees nie. Wat is egter die betekenis van alles? Hoekom lê Matteus heel aan die begin klem op hierdie twee voorvaders? Want Dawid was die belangrikste van al die konings in die ganse geskiedenis van Israel. Profesieë het dit duidelik gemaak dat die beloofde Messias uit hierdie bloedlyn sou kom as 'n Koning wat sy troon vir ewig sou vestig. En Abraham, is die vader van die Joodse volk en 'n verstommende voorbeeld van geloof. Alhoewel Abraham net een seun, Isak, gehad het, het God belowe dat Hy almal op aarde deur sy nageslag sal seën. Dus, in die eerste reël van hierdie boek sien ons reeds soveel verwysings en leidrade wat heenwys na wie Jesus regtig is. Hy is die vervulling van God se beloftes. 



Matteus hou nie by die groot name op nie. Hy verwys nie net na die belangrike name in Jesus se voorsate nie. Hy noem ook hulle wat nie sulke goeie aansien in hulle gemeenskap gehad het nie.



Hy noem Ragab en Tamar wat altwee gesien is as prostitute. Een het haarself voorgedoen as 'n prostituut om haar eie spesifieke doel te bereik en die ander een was werklik 'n prostituut. Wag! Het jy dit raak gelees? Daar was letterlik a prostituut in Jesus se geslagregister. Kom ons beweeg aan. Dan is daar Jakob, die bedrieër wat die eersgeboortereg van sy broer gesteel het. En Manasse, een van Israel se baie konings wat gedoen het wat verkeerd is in die oë van die Here, veral deur plekke op te rig vir offers en die aanbidding van heidense gode.



Dink vir 'n oomblik hieroor na. Om te dink Jesus, ons Redder, kom uit 'n familie met 'n baie twyfelagtige en soms disfunksionele verlede. Dit is vir ons 'n bewys dat ongeag wat jy gedoen het, watter foute jy gemaak het of die bagasie wat jy saamdra, is jy steeds welkom om deel te wees van God se familie. Al die name wat ons hier gelees het, het een of ander groot misstap begaan, maar God het hulle nog steeds gekies om deel te vorm van sy verlossingsplan om die mensdom te red en die skepping te herstel. Vandag kry ons, deur Jesus, dieselfde uitnodiging.  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus? Part 1

Wie is Jesus? Dit is die fundamentele vraag. As Jesus regtig is wie Hy sê Hy is, verander alles. As Jesus nie is wie Hy sê Hy is nie, verander dit ook alles. Sluit by ons aan vir Deel 1 van ons reis deur die evangelie va...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid