Leesplan inligting

Wie is Jesus? Deel 1Voorbeeld

Who Is Jesus? Part 1

DAG 6 VAN 7

Verander Jou Bril



In hoofstuk 6 gaan ons aan met die bergrede. Jesus leer ons van die nuwe soort verhouding wat ons met God kan hê. 'n Verhouding wat nie op godsdienstige optrede gevestig nie, maar op die wete dat ons deel van God se gesin is. Hierdie nuwe verhouding word gekenmerk deur vertroue en nie bekommernis nie. Wanneer ons verstaan dat God ons Vader is, en nie 'n hemelse diktator nie, begin ons om die wêreld uit 'n ander hoek te sien. Dit is wat Jesus in hierdie gedeelte verduidelik. 



“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek? nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee' ...” Matteus 6:31-33.



Wat is dit wat Jesus sê? Hy sê vir ons dat as ons nie verstaan wie God werklik is nie, kyk ons na die wêreld deur 'n bril van bekommernis. Dan sal ons dié dinge najaag wat ons nooit ten volle gaan bevredig nie en dit is 'n uitputtende proses. 



In Jesus se tyd het die "heidene", mense wat ander gode aanbid het, voortdurend offers gebring in 'n poging om hulle gode te paai en tevrede te stel. Die enigste "verhouding" wat die heidene met hulle gode kon gehad het, was bloot soos 'n saketransaksie. “As ek hierdie offer aan my god bring, gaan hy my seën en nie straf nie.” Jesus het egter seker gemaak dat hierdie wanbegrippe oor hoe ons God moet verstaan, nie by sy volgelinge posvat nie. Dit word hard en duidelik in hierdie hoofstukke verkondig dat God 'n verhouding soos 'n liefdevolle Vader met ons het. Kyk hoe het Jesus ons leer bid:



“So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word …’” Matteus 6:9.



Dit is pragtig. Die soort verhouding wat ons met God het, is gekenmerk deur vertroue en nie bekommernis nie. Want God is ons Vader. 



Maar vir sommige van julle is die idee dat God 'n Vader is nie baie vertroostend nie. Dit mag wees dat jou aardse pa nie iemand was wat jou beskerm het nie en hy was nie 'n persoon wat jy kon vertrou nie. Dit is te verstane. Dit is vir jou moeilik om met God te verbind deur Hom te vertrou en in Hom te glo. God is egter nie net 'n groter weergawe van jou pa nie, Hy is die volmaakte weergawe van 'n vader. God sal nooit misluk op enige manier wat jou pa as vader misluk het nie. Hy het 'n volmaakte reputasie. Jy kan Hom vertrou. 



Jesus nooi ons uit om enige wanpersepsie wat ons dalk kan hê, af te skud en God te sien vir wie Hy werklik is — 'n Vader met 'n goeie hart en sterk arms: Iemand wat ons kan vertrou; Een wat ons kan vertrou om die beste moontlike uitkoms te bewerkstellig; Een na wie toe ons kan hardloop en nie weg van Hom af nie; en Een wat ons nie hoef te paai met godsdienstige prestasies nie, maar Een wat ons kan vertrou om ons harte te herskep. 



Sal jy Hom vertrou? 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus? Part 1

Wie is Jesus? Dit is die fundamentele vraag. As Jesus regtig is wie Hy sê Hy is, verander alles. As Jesus nie is wie Hy sê Hy is nie, verander dit ook alles. Sluit by ons aan vir Deel 1 van ons reis deur die evangelie va...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid