Leesplan inligting

Wie is Jesus? Deel 1Voorbeeld

Who Is Jesus? Part 1

DAG 4 VAN 7

Die Tussenganger



Verstaan Jesus wat ons deurmaak? Hierdie hoofstuk beantwoord daardie vraag met 'n dawerende "ja". Jesus, God wat mens geword het, was in versoeking, Hy was honger en Hy is gekonfronteer met die keuse van gehoorsaamheid aan God of sy eie begeertes. Tog het Hy reg gekies, elke keer. 



Dit is hoekom Jesus ons Hoëpriester is. Die skrywer van die Hebreërsbrief stel dit as volg:



"Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie" Hebreërs 4:15.



Die hoëpriester was die enigste persoon wat die Allerheiligste deel van die tempel kon binnegaan, die plek van God se teenwoordigheid. Hy het eenkeer per jaar daar ingegaan en namens die Israeliete offers aan God gebring. In wese sou hy vir hulle intree en namens hulle by God pleit. Jesus is die volmaakte hoëpriester omdat Hy die enigste persoon in die ganse geskiedenis is wat versoeking ken soos ons as mense dit ken en ook soos 'n mens gely het. Dit, terwyl Hy die volmaakte heiligheid en hart van ons God in die hemel ook ten volle verstaan het. Omdat hy dit so goed verstaan, is Hy die volmaakte Middelaar, die tussenganger tussen ons en God.



Jesus verstaan waardeur ons gaan en die versoekings wat op ons pad kom. Kyk 'n bietjie wat die duiwel vir Jesus aangebied het. Gemak, veiligheid en invloed. Hoe dikwels is dit nie presies die kern van dit wat ons in die lewe najaag nie? Jesus het vir ons gewys hoe om in versoeking vas te staan, maar het ook self voorsiening gemaak vir ons foute. 



As ons Hoëpriester het Hy 'n offer gebring. Daardie offer was sy eie liggaam en dit was die enigste volmaakte lewe wat geruil kon word vir die sondes van die mensdom. 



"Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring ..." 1 Petrus 3:18.



Kom dus na Jesus toe. Laat Hom toe om jou huistoe te bring. Vertrou daarop dat Hy nie net verstaan wat jy deurmaak nie, maar ook die pad vir jou oopgemaak het om in 'n verhouding te wees met die Skepper van die heelal. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus? Part 1

Wie is Jesus? Dit is die fundamentele vraag. As Jesus regtig is wie Hy sê Hy is, verander alles. As Jesus nie is wie Hy sê Hy is nie, verander dit ook alles. Sluit by ons aan vir Deel 1 van ons reis deur die evangelie va...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid