Leesplan inligting

Wie is Jesus? Deel 1Voorbeeld

Who Is Jesus? Part 1

DAG 7 VAN 7

Met Een Sin



Hoofstuk 7 sluit die bergrede af. Dit is 'n kragtige en meesleurende boodskap waarin Jesus ons leer dat ons 'n nuwe verhouding met God kan hê. Een wat gekenmerk word deur vertroue en nie deur bekommernis nie. 'n Verhouding wat nie afhanklik is van ons godsdienstige handelinge en rituele nie, maar op ons aanneming in sy familie. Dit is 'n nuwe identiteit. Met 'n nuwe identiteit kom nuwe aansporing en met nuwe aansporing kom nuwe optrede. Jesus verduidelik dit as volg:



“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete” Matteus 7:12.



Sjoe. Jesus som die wet en die profete (vir alle praktiese doeleindes, die hele Ou Testament) in een sin op. Wat beteken dit? Jesus sê al die reëls wat die Israeliete van kleintyd af geleer het om na te kom en ook die boodskappe van God wat deur die profete aangekondig is, was 'n poging om een doel te bereik: om ons te leer om die soort mense te word wat mekaar liefhet op dieselfde manier as hoe God ons liefhet. Dit is waaroor dit gaan. Dit is waaroor dit nog altyd gegaan het. 



Dit gaan oor God wat die mensdom eindeloos liefhet en sy genade en barmhartigheid aan ons gee, ten spyte van die feit dat ons voortdurend ons rug op Hom keer. Sy liefde vir ons is so diep dat Hy letterlik mens geword, 'n wrede dood gesterf en weer opgestaan het om ons met Homself te versoen. As volgelinge van Jesus moet ons daardie soort liefde aan die wêreld weerspieël. Jesus het gesê: 



“Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is” Johannes 13:34-35.



Die wêreld sal weet wie Hy is deur die wyse waarop Hy ons liefhet. 



Dit is interessant om daarop te let dat Matteus aan die einde van die bergrede noem dat die skare verstom was oor Jesus se onderrig, nie net oor wat Hy hulle geleer het nie, maar die manier waarop Hy dit gedoen het. Hy het met gesag onderrig, anders as die rabbi's en godsdienstige leiers van sy tyd. Hoe kon Jesus met soveel gesag praat wanneer dit by die liefde van God gekom het, die doel van die Ou Testament en die mens se rol daarin? Omdat Hy God is wat vlees geword het, 'n wrede dood gesterf en weer opgestaan het sodat ons kan lewe. Hy het vir ons gewys, nie gesê nie, hoe dit sal wees as ons mense is wat mekaar liefhet op dieselfde manier as wat God ons nog altyd liefgehad het.



Wat is volgende? Kom ons ontdek saam meer oor wie Jesus is! Begin vandag saam met jou vriende met Wie is Jesus? Deel 2. Jy kan "Switch Bible Plan collection" kry by www.go2.lc/SwitchBiblePlans.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus? Part 1

Wie is Jesus? Dit is die fundamentele vraag. As Jesus regtig is wie Hy sê Hy is, verander alles. As Jesus nie is wie Hy sê Hy is nie, verander dit ook alles. Sluit by ons aan vir Deel 1 van ons reis deur die evangelie va...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid