Leesplan inligting

Wie is Jesus? Deel 1Voorbeeld

Who Is Jesus? Part 1

DAG 2 VAN 7

Nie Langer Slawe Nie



Jy ken mos daardie een sanger of atleet wat jy nie voor jou oë kan verdra nie, maar jou vriend is totaal bekoor deur die persoon? Invloedryke mense kan verdeeldheid veroorsaak. Ons sien dat dit ook waar was van Jesus. Selfs toe Hy nog 'n baba was. Die wyse manne wou Hom aanbid. Herodes wou Hom doodmaak. Die bevolking is gekwel deur die onrus wat Hom klaarblyklik oral volg waar Hy gaan. Hoekom? Jesus is dan nog 'n kleuter. Hy het geen aansprake gemaak oor sy identiteit of na gesag gegryp nie. Tog sien ons dat Jesus se gesin na Egipte moes vlug om hulle eie lewens te red. 



Toe die wyse manne die streek binnegekom het, het hulle reguit na die goewerneur gegaan en hom gevra: “Waar is die Een wat as die koning van die Jode gebore is?” 



Toe Herodes dit gehoor het was hy woedend. Hy was die selfaangestelde koning van die Jode. In werklikheid was hy egter maar net deur die Romeine aangestel as hulle verteenwoordiger. Herodes was ten diepste en arrogant geheg aan die mag van sy posisie.   



In sy onsekerheid en desperaatheid het hy dus die volgende bevel gegee: Maak al die babatjies in die gebied dood wat twee jaar en jonger is. Hoe skokkend dit ook al mag klink, was dit nie die eerste keer dat 'n vreesbevange heerser kindermoord onder die Joodse volk gepleeg het nie. Gedurende die tyd wat Moses in Egipte gebore is, die profeet wat God sou gebruik om sy volk te red, het die farao, wat bang was vir 'n rebellie, presies dieselfde bevel gegee. Moses se ma het hom in 'n mandjie gesit en by die rivier tussen die riete gaan wegsteek. Sy suster het hom van 'n afstand af opgepas en gesien hoe die farao se dogter hom neem en sodoende gered het van die doodsvonnis wat die farao uitgevaardig het. Sulke wreedheid klink amper onwaar.



Op dieselfde manier is Jesus, die uiteindelike Redder van die mensdom, van Herodes se doodsvonnis gespaar. Hierdie verskriklike gebeurtenis wys ons eintlik op die feit dat Jesus die tweede Moses is. Wat beteken dit? Wel, kyk na die parallelle in hulle lewens:




  • Moses het uit Egipte gekom; Jesus het uit Egipte gekom. 

  • Moses het deur die Rooi See getrek; Jesus is gedoop in die Jordaanrivier.

  • Moses en die Israeliete het vir 40 jaar in die woestyn rondgeswerf; Jesus is vir 40 dae die woestyn ingelei.

  • Moses het die Wet op 'n berg ontvang; Jesus het die mense op 'n berg in die Wet onderrig. 

  • Moses is deur God gebruik om sy mense uit slawerny in Egipte te red; Jesus, God in die vlees, het ons gered van die slawerny van sonde.

  • Moses het onder die ou verbond opgetree en onderrig gegee; Jesus het 'n nuwe koninkryk begin en daarmee saam 'n nuwe verbond ingelui. 

  • Moses het oorgedra wat hy van God gehoor het; Jesus het die mense onderrig met al die gesag en krag wat daaruit voortspruit om God te wees.


Dus, nie net was Jesus 'n tweede Moses nie, Hy was 'n beter Moses. Hy het reggekry wat Moses en die Wet nooit kon vermag nie — Hy het ons gered van die slawerny van sonde.



Hoe het ons slawe van sonde geword? Paulus stel dit as volg: 



"Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe" Romeine 6:16.



As slawe van die sonde, is ons op pad na die dood. Maar die geskenk van God is die ewige lewe in Jesus Christus, ons Here. Vandag het ons die keuse wie of wat ons sal volg. Ons eie sondige begeertes en die trots wat die farao en Herodes gedryf het? Of die Een wat ons van slawerny kom red, en ons gewys het hoe om vry en waarlik onder God te lewe? Die beter Moses. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus? Part 1

Wie is Jesus? Dit is die fundamentele vraag. As Jesus regtig is wie Hy sê Hy is, verander alles. As Jesus nie is wie Hy sê Hy is nie, verander dit ook alles. Sluit by ons aan vir Deel 1 van ons reis deur die evangelie va...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid