Leesplan inligting

Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir LydenstydVoorbeeld

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

DAG 6 VAN 7

Geestelike Gewoontes: Om te Vas



Waaraan dink jy wanneer jy die woord "vas" hoor? 



Dalk stel jy jou mense voor wat hulleself vrywilliglik uithonger. Miskien dink jy aan 'n monnik wat van droë brood lewe. Miskien is jy iemand wat verkies om glad nie aan vas te dink nie … nooit nie. 



Jesus het 40 dae in die woestyn gevas. Op grond van die gesprekke met sy dissipels, was vas iets wat Hy aanvaar het hulle ook sou beoefen. 



Dit kan ons ongemaklik laat voel om doelbewus plek in ons lewens te skep om God te hoor deur die dinge wat ons onmiddellike bevrediging verskaf te verwyder — veral terwyl plesier in ons wêreld ophemel word.



Die volgende is drie redes waarom vas saak maak: 



Deur te vas, honger ons dit uit wat ons keer om God se teenwoordigheid te ervaar. Dit dwing ons om aandag te gee aan die dele van ons lewens wat ons probeer verdrink met 'n laatnag gefuif en rondblaai deur sosiale media kommentare. In die proses leer dit ons om op Jesus te vertrou om in ons behoeftes te voorsien.



Deur te vas, gee ons iets prys wat ons liefhet om plek te maak vir iets wat ons selfs méér liefhet. Alhoewel dit soms moeilik en ongemaklik voel om iets waarvan jy hou prys te gee, soos kos, is dit eintlik 'n geleentheid om groot vreugde te ervaar, want ware vreugde vind ons slegs wanneer ons krag van Jesus kom. 



Deur te vas, kom ons dikwels voor 'n deurbraak. Moses het vir 40 dae gevas terwyl hy die tien gebooie ontvang het, Daniël het vir drie weke gevas voor hy 'n visioen ontvang het en Jesus het vir 40 dae gevas en toe daarna die duiwel se versoekings oorwin. In elkeen van hierdie gevalle het God helderheid, krag en 'n deurbraak voorsien aan die ander kant van getroue opoffering.  



Gaan oor tot die Daad: Probeer om vir 24 uur te vas. Indien jy nog nooit voorheen gevas het nie, hou die oefening eenvoudig — die doel is om dit te voltooi. As jy begin swak voel tydens jou vastyd, keer daardie swakheid om in 'n geleentheid om met God te praat en na Hom te luister. Sodra jy klaar is met die vastyd, skryf alles neer wat vir jou uitgestaan het.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

Lydenstyd: 'n 40-dag tydperk van nadenke en inkeer. Dit is 'n mooi gedagte, maar hoe lyk dit nou eintlik as 'n mens aan die Lydenstyd deelneem? Oor die volgende sewe dae gaan ons vyf geestelike gewoontes ontdek wat jy ge...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid