Leesplan inligting

Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir LydenstydVoorbeeld

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

DAG 1 VAN 7

Hoekom Lydenstyd?


Neem gou 'n ruskansie en kyk buitentoe. Wat sien jy? Wat laat jou glimlag?



Wat jy ook al so pas beskryf het, dink 'n bietjie hieroor na: wat jy gesien het, was nog die hele tyd daar gewees — dit het net vir jou gewag om 'n oomblik tot stilstand te kom en dit raak te sien.



Dit is die basiese doel van die Lydenstyd: om te midde van die lewe se verantwoordelikhede, ruimte te skep om wat nog altyd daar was te waardeer — God se teenwoordigheid. 



Die Lydenstyd is 'n periode van 40 dae wat tot Opstanding Sondag lei. Gebaseer op Jesus se 40 dae in die wildernis, is Lydenstyd 'n hulpmiddel om meer bewus te word van God se stem en sy opofferende liefde. Alhoewel die Lydenstyd nie eintlik in die Bybel genoem word nie, is dit by die Raad van Nicea in 325 nC bespreek, omdat dit 'n ritme van nadenke en inkeer vir Christene voorsien het wanneer hulle die lente binnegaan — 'n seisoen wat dikwels met 'n nuwe begin geassosieer word. 



Die doel van die Lydenstyd is nie om jou lewe te "verbeter" nie, maar om jou lewe te laat wentel rondom dit wat die meeste saak maak: die Een wat jou geskape het en vir jou gesterf het. Een van die maniere hoe jy dit kan doen, is deur geestelike gewoontes te beoefen. 



Terwyl jy dus vir Opstanding Sondag voorberei, kom ons verken 'n paar geestelike gewoontes wat jy gedurende hierdie tydperk kan beoefen en dit deel van jou daaglikse lewe maak in die jare wat kom.



Kom ons maak saam plek vir dit wat saak maak. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

Lydenstyd: 'n 40-dag tydperk van nadenke en inkeer. Dit is 'n mooi gedagte, maar hoe lyk dit nou eintlik as 'n mens aan die Lydenstyd deelneem? Oor die volgende sewe dae gaan ons vyf geestelike gewoontes ontdek wat jy ge...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid