Leesplan inligting

Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir LydenstydVoorbeeld

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

DAG 4 VAN 7

Geestelike Gewoontes: Vrygewigheid 



Wat is jou kosbaarste besitting? Dit kan die waardevolste ding wees wat jy besit, soos die huis waarvoor jy jou hele lewe lank gewerk het om te kan bekostig. Dit kan ook 'n foto wees van 'n spesiale tyd wat jy met een van jou geliefdes deurgebring het. Of dis dalk 'n sentimentele geskenk van 'n vriend.



Die waarde wat ons aan ons "besittings" heg, is gekoppel aan ons emosies. Die manier hoe ons kies om daardie dinge te gebruik, wys wat ons ware prioriteite is.  



Jesus se kruisdood is een van die grootste voorbeelde van God se vrygewigheid. Ten spyte daarvan dat God geweet het ons Hom nooit sal kan terugbetaal nie, het hy nie gehuiwer om sy grootste skat — sy enigste Seun — vir ons op te offer nie. Deur daardie opoffering het Hy gedemonstreer hoe vrygewigheid lyk: om wat ons het, vrywillig op te offer sodat iemand anders kan floreer, selfs al veroorsaak dit vir ons pyn in die proses.



Jy hoef nie slegs geld te gee om vrygewigheid te beoefen nie. Deur vrygewig te lewe, erken ons eenvoudig net dat God in staat is om enigiets wat Hy wil, te doen deur die geskenke wat hy aan ons gegee het. Wanneer jy God deur jou laat gee en jy Hom eer met jou vrygewigheid, trek dit jou nader aan Hom. Vrygewigheid vloei uit 'n hart vol dankbaarheid en vertroue en wanneer jy God vertrou met wat jy het, begin Hy om jou met meer te vertrou. 



As jy hierdie gewoonte oefen, sal dit jou herinner dat jy nie in beheer is nie, maar dat jy die Een ken wat in beheer is — en Hy kan voorsien in al jou behoeftes. 



Gaan oor tot die Daad: Een van Jesus se bekendste wonderwerke was om die maksimum te haal uit 'n paar brode en vis wat iemand aangebied het. Wat het jy om te gee? Probeer 'n plek vind waar jy dit wat jy het op 'n manier kan belê. Begin klein, of gaan groot. Begin net.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

Lydenstyd: 'n 40-dag tydperk van nadenke en inkeer. Dit is 'n mooi gedagte, maar hoe lyk dit nou eintlik as 'n mens aan die Lydenstyd deelneem? Oor die volgende sewe dae gaan ons vyf geestelike gewoontes ontdek wat jy ge...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid