Leesplan inligting

Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir LydenstydVoorbeeld

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

DAG 2 VAN 7

Geestelike Gewoontes: Gebed


Is daar enigiets wat jou verhoed om gereeld met God te praat?



Gebed beteken eenvoudig om met God te praat en dan na Hom te luister. Omdat Jesus verskeie kere gesê het: "Wanneer jy bid …" kan ons maar weet dat Hy van ons ook verwag om te bid. 



Om gemaklik te raak met gebed, mag oefening verg, maar dit hoef jou nie te verhoed om met vertroue 'n hegte verhouding met Hom na te streef nie.  



God wag altyd om nader aan jou te kom en niks wat jy sê sal Hom ooit keer om vir jou lief te wees nie. 



Die Lydenstyd is 'n ideale tyd om gebed 'n daaglikse gewoonte te begin maak. As jy probeer om jou lewe om God te beplan, maar nie tyd maak om met Hom te praat nie, sal dit onmoontlik wees om jou lewe op God gefokus te hou. 



Dit is makliker om geestelik te groei wanneer jy met God eerlik is oor jou ontwikkeling. Wanneer jy met God praat oor hoe dit met jou gaan, sal dit jou herinner dat Hy waarlik by jou is en dat Hy Homself verheug om by jou te wees. Daarom, wy vandag tyd daaraan om 'n eerlike gesprek met God te hê. 



Gaan oor tot die Daad: As jy nie seker is waaroor om te bid nie, probeer die Ons Vader bid en maak dit dan jou eie.  



Ons Vader wat in die hemel is,



laat u Naam geheilig word;



laat u koninkryk kom;



laat u wil ook op die aarde geskied,



net soos in die hemel.



Gee ons vandag ons daaglikse brood,



en vergeef ons ons oortredings,



soos ons ook dié



vergewe wat teen ons oortree;



en laat ons nie in versoeking kom nie,



maar verlos ons van die Bose.



Matteus 6:9-13


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

Lydenstyd: 'n 40-dag tydperk van nadenke en inkeer. Dit is 'n mooi gedagte, maar hoe lyk dit nou eintlik as 'n mens aan die Lydenstyd deelneem? Oor die volgende sewe dae gaan ons vyf geestelike gewoontes ontdek wat jy ge...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid