Leesplan inligting

Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 15 VAN 29

Oordenkingsvrae:

Week 2

1. Satan is 'n groot historikus. Hy probeer sy bes om jou nooit te laat vergeet van jou sondes en foute nie. Hy hou daarvan om jou telkens daaraan te herinner en gebruik skande as een van sy wapens. Op grond van wat jy in Jeremia 31:3-4 lees, wat is God se reaksie op ons gebrokenheid in die verlede?

2. Hoe het jy Romeine 8:1 in jou lewe aanvaar? Watter impak het dit op jou gehad?

3. In ons barheid, skande en swakheid kan ons in die versoeking kom om te glo dat ons gebrek aan 'sukses' bewys dat God nie met ons is nie. Is hierdie waarheid gebaseer op wat ons in Rigters 6:12-18 lees?  

4. God belowe ons nêrens ‘n lewe sonder pyn of beproewing nie. Ons sal sondig. Ons sal foute maak. Ons sal skande ervaar, maar as gevolg van God se krag wat in ons lewens werk, kan ons dit oorkom. Skoonheid en goeie dinge kan kom uit skande en pyn. Dink terug aan 'n tyd toe God se krag tydens 'n moeilike seisoen in jou lewe sigbaar was, en deel dit kortliks hier.

5. Elkeen van ons kan skande ervaar in ons gebrokenheid, of dit nou fisies, emosioneel of geestelik is. Ons moet onthou dat net omdat ons onsself op 'n sekere manier beskou, dit nie beteken dat God ons ook so beskou nie. Hoe het God Hebreërs 4:15-16 gebruik om 'n kringloop van skande in jou lewe te verbreek?

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid