Leesplan inligting

Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 14 VAN 29

Mefiboset en die Skande van Gebrokenheid

Lees: 2 Samuel 9; Hebreërs 4:15-16

SOAP

2 Samuel 9:7-8

Dawid sê vir hom: “Moenie bekommerd wees nie, want ek het besluit om jou onder my sorg te neem ter wille van Jonatan jou pa. Ek gaan al die grond van jou oupa Saul aan jou teruggee, en boonop sal jy van nou af by my aan huis eet.” Hy het weer voor Dawid gebuig en gesê: “Wat is ek tog dat u aandag gee aan 'n dooie hond soos ek?”

Hebreërs 4:15-16

Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.

Oordenking

Sonde is die rede waarom daar gebrokenheid in die wêreld is. Sonde het gebreekte liggame, gebroke gedagtes, gebroke wille en gebroke siele veroorsaak. Somtyds ervaar ons skande oor gebrokenheid. Dit kan wees as gevolg van swak keuses, wat bydra tot ons gebroke toestand of bloot omdat ons wêreld self gebroke is.
God is vol genade en guns. Hy is geduldig en vriendelik. Jesus verstaan, meer as wat ons besef, die versoekings wat ons daagliks ervaar. Hy was ten volle versoek, maar Hy het nie toegegee aan die sonde nie. Hy het simpatie met ons omdat Hy ons gebrokenheid en ons swakheid ken. Hy bied ons sy krag. Ons hoef nie skaam te wees om na Hom te gaan met al ons probleme, versoekings en gebrokenheid nie. Hy is gereed, bereid en in staat om ons te help.
Dawid se hart vir Mefiboset weerspieël die hart van ons hemelse Vader. God betoon vriendelikheid teenoor ons as gevolg van Jesus. Ons kan Hom met vertroue nader omdat Hy alleen ons swakheid ken. Ons kan met vrymoedigheid vra wat ons nodig het, want Hy alleen kan in ons diepste behoeftes voorsien.

Gebed

Here, ek is so dankbaar dat U ​​my gebrokenheid en die versoekings wat ek daagliks beveg, verstaan. Dankie vir U genade wanneer ek misluk. Help my om vinnig na U te kom vir al my behoeftes en gee my die geloof wat ek nodig het om te glo dat U verstaan ​​waardeur ek gaan. Amen.
Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid