Leesplan inligting

Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 17 VAN 29

Dawid en die Skande van Owerspel

Lees: 2 Samuel 11; Psalms 103:10-11

SOAP

Psalms 103:10-11

Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie,

vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie,

Want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is,

So groot is sy liefde vir dié wat Hom dien.

Oordenking

Om 'n navolger van Christus te wees, beteken nie dat ons immuun is teen sonde nie. Ons sien dit in die lewe van Dawid. Sy verhouding met Batseba was 'n groot morele mislukking. Die een sonde het gelei tot ‘n volgende en ‘n volgende totdat 'n goeie man vermoor is om Dawid se sonde weg te steek. Ten spyte van al hierdie dinge is Dawid steeds beskou as 'n man na God se hart. Niks is te moeilik vir God om te vergewe en te verlos nie. 

Alhoewel daar groot aardse gevolge vir sonde is, is alles nie verlore nie. As ons sê dat God elke sonde vergewe, sluit dit die sonde van ontrouheid in. Hy hou aan om sy kinders diep lief te hê ondanks enige donker gat waarin ons kan val. Wanneer skande dreig om ons te oorrompel, kan ons hierdie waarheid onthou en daarin berus: Hy behandel ons nie soos ons sondes verdien nie.

As mede-broers en -susters in Christus moet ons diegene wat val, nie vermy nie, maar langs hulle stap, bevestig dat hulle lelik drooggemaak het, maar hulle dan help om weer op die pad van geregtigheid te kom. Wanneer ons oorweldig word deur die genade wat ons in ons eie lewens ontvang het, kan ons oorweldigende genade en barmhartigheid aan ander betoon. 

Gebed

Here, ek mag na my sondes kyk en dink dat dit te groot is om vergewe te word. Herinner my aan die verhaal van Dawid en hoe die baie sondes van een man vergewe kon word en sy lewe kon herstel, want U is 'n God van genade en barmhartigheid en krag. In die Naam van Jesus, amen

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid