Leesplan inligting

Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 20 VAN 29

God het ‘n Doel

Lees: Johannes 9:3

SOAP

Johannes 9:3

En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.”

Oordenking

God het ‘n doel met alles wat Hy in ons lewens toelaat. Niks gebeur per toeval nie; niks gaan ongesiens by God verby nie. Hy is te alle tye van alles bewus en gebruik alles om sy doel te bereik. Ons sien nie die volle prentjie nie, en daarom voel dit soms asof die gebeure waarna ons kyk ‘n groot deurmekaarspul is. Hou moed — God is aan die werk, besig om sy mag te openbaar, sy wil te laat geskied, alles ten goede vir sy kinders te laat meewerk en Homself midde-in alles te verheerlik.

Ongeag of jy worstel met ‘n spesifieke twyfel, ‘n voorslepende siekte het of voel asof alles op die punt staan om uitmekaar te val, weet verseker dat God besig is om jou omstandighede te gebruik om jou meer afhanklik van Hom te maak. Glo en vertrou dat Hy meer vir jou omgee as wat jy ooit kan besef.

God het ‘n doel met alles wat ons ondervind. Sy doel kan wees om ons te suiwer, iets te leer, om ons tereg te wys of te dissiplineer, of selfs om ons genot te verskaf en te seën. Wat die spesifieke doel van ons omstandigheid ook al mag wees, God word in alles geopenbaar. In ons strewe om Hom groots lief te hê, mag ons daarna streef om Hom in alle omstandighede te eer en te verheerlik.

Gebed

Here, die lewe kan baie moeilik wees. Ek worstel met my gedagtes, ek worstel met my omstandighede, ek worstel in my geloof. U is daar, oorgehaal en in staat om te help. Stuur vir my aanmoediging en die krag om te volhard, wetend dat U alles vir my ten goede en tot u verheerliking laat saamwerk. 

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid