Leesplan inligting

Deel Jou GeloofVoorbeeld

Sharing Your Faith

DAG 3 VAN 5

Rig 'n Uitnodiging



'n Baie gewilde manier hoe mense hulle geloof met ander deel, is deur uitnodigings te rig. Soms weet ons nie wat om vir mense te sê in verband met ons geloof nie, dan is 'n uitnodiging na ons kerk om die goeie nuus van Jesus te hoor, dikwels 'n goeie begin. Om die waarheid te sê, die meeste mense woon kerkdienste op Kersfees en Paasfees by omdat dit tradisie is. Wees altyd op die uitkyk hoe jy iemand aan Jesus kan voorstel deur 'n uitnodiging te rig.



Daar is 'n merkwaardige verhaal in Johannes 4 waar ons sien toe 'n uitnodiging aan mense gerig is. Jesus en sy dissipels was pas in Judea waar hulle mense gedoop het. Op pad terug na Galilea het Hy by 'n nabygeleë put gestop om te rus en water te drink. 'n Samaritaanse vrou het by die put kom water skep, en Jesus het haar gevra om vir Hom ook water te gee. Dit was ongewoon vir 'n Jood om met 'n Samaritaan te praat, dus was die vrou geskok toe Hy haar om hulp vra. 



Hulle het begin gesels en in die gesprek het Jesus na een ding verwys. Sy het gedink dat Hy iets anders bedoel. Uiteindelik het sy vir Jesus gevra om vir haar van hierdie "lewende water" te gee, maar sy reaksie was onverwags — “... Gaan roep jou man en kom terug hierheen” (Johannes 4:16). Toe sy hom vertel dat sy nie 'n man het nie, het Hy voortgegaan om haar van haar verlede met mans te vertel wat vyf vorige mans en 'n inwonende kêrel ingesluit het. 



Later in die gesprek, het Jesus aan die vrou vertel dat Hy die Messias is (Johannes 4:26). Sy het haar houer net daar gelos, teruggehardloop na die dorpie, en vir almal vertel van hierdie man wat alles van haar geweet het. Die mense het saam met haar teruggegaan na waar Hy was, en dit is hier waar haar uitnodiging 'n wonderwerk teweeggebring het!



"Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van die woorde van die vrou wat getuig het: 'Hy het my alles vertel wat ek gedoen het'" (Johannes 4:39).



Kan jy jou die toneel voorstel? Wat begin het as die verhaal van 'n man wat 'n vrou om water vra, het verander in 'n evangeliese gebeurtenis! Omdat hierdie vrou mense genooi het om Jesus te ontmoet, is baie lewens verander. Dit was nie vir haar nodig om al die regte dinge te sê of te doen nie, sy moes bloot sê: "Kom kyk!" Hulle het ook gekom.



Ons kan almal iets vind waarheen ons iemand kan nooi om van dié Jesus te hoor in wie ons glo en vir wie ons lewe. Jy kan hulle na jou kerk uitnooi, of na 'n Christelike konsert of konferensie. Jy kan hulle ook uitnooi na 'n Bybelstudie of om 'n Christelike boek saam met jou te bestudeer. Jy kan hulle aan die YouVersion Bybeltoep voorstel en dan 'n leesplan saam met hulle begin lees. 



Daar is baie maniere om iemand te nooi om van die waarheid en genade van Jesus Christus te hoor. Dink aan maniere om jou strategie te begin implementeer oor hoe jy jou geloof gaan deel. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Sharing Your Faith

Wanneer ons volgelinge van Jesus word, begin ons 'n lewenslange reis van groei. 'n Deel van groei in ons geloof is om te leer hoe om die goeie nuus van Jesus met ander mense te deel. In hierdie 5-dag leesplan sal ons lee...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid