Leesplan inligting

Deel Jou GeloofVoorbeeld

Sharing Your Faith

DAG 2 VAN 5

Deel Jou Verhaal



Een van die boeiendste maniere om ons geloof in Jesus te deel, is om ons getuienis, of verhaal te deel. Die woord getuienis beteken eenvoudig dat ons iets deel wat ons self ervaar het. Ons gee bewyse van 'n gebeurtenis wat in ons lewens plaasgevind het. Om ons verhaal te deel is kragtig, want dit kan nie gedebatteer word nie. Nie net is dit waar nie, daar is 'n groot moontlikheid dat mense die gedaanteverwisseling wat in jou plaasgevind het, sal kan sien. 



In Johannes 9 begin die hoofstuk met Jesus en sy dissipels wat 'n blinde man teëkom. Die dissipels wou weet of dit hierdie man se sonde was wat sy blindheid veroorsaak het of nie. Jesus het hulle verseker: "... hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word" (Johannes 9:3b). Jesus het uiteindelik die man op 'n vreemde manier genees toe Hy op die grond gespoeg, klei aangemaak en dit aan die blinde man se oë gesmeer het.  Nadat die man sy oë in die Siloambad gewas het, kon hy sien. 



Hierdie man was blind gebore, en almal het dit geweet. Jy kan jouself die vrae voorstel wat gevra is en die kyke van groot ontsag wat hy gekry het toe hy met die mense rondom hom begin praat het. Dit was so 'n groot gebeurtenis dat die blinde man wat nou kon sien na die Fariseërs geneem is. Aanvanklik was hulle ontsteld omdat Jesus die man op die sabbat genees het. Hulle het uiteindelik meer vrae begin vra en selfs getwyfel of die man ooit blind was! Een besoek aan die man se ouers het hulle twyfel verkeerd bewys.



Die Fariseërs se vrae sou die meeste van ons ontstel het, veral toe hulle vir hom gesê het: "... Praat die waarheid voor God ...” (Johannes 9:24). 'n Mens kan amper die frustrasie in die man se stem hoor toe hy uiteindelik reageer:



"Daarop het hy gesê: 'Of hy 'n sondaar is, dit weet ek nie. Een ding weet ek wel: ek was blind, en nou sien ek'” (Johannes 9:25).



Wat is jou verhaal? Wat het God in jou hart gedoen? Hoe het Hy jou lewe verander? Daar is so baie mense wat moet hoor wat Hy vir jou gedoen het. Daar is ook niemand beter as jy om te dit te vertel nie. Eerstehandse verhale verander lewens!



Bestee tyd daaraan om na te dink oor wat God in jou lewe gedoen het. Miskien is dit iets diepgaande met een van jou kinders, of hoe God jou van 'n siekte genees het. Dit kan wees dat jou uitkyk op die lewe drasties verander het, en jy weet dit is net weens die lewensveranderende krag van Jesus. Op watter manier God jou ook al 'n verhaal gegee het om te vertel, vertel dit!


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Sharing Your Faith

Wanneer ons volgelinge van Jesus word, begin ons 'n lewenslange reis van groei. 'n Deel van groei in ons geloof is om te leer hoe om die goeie nuus van Jesus met ander mense te deel. In hierdie 5-dag leesplan sal ons lee...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid