Leesplan inligting

Deel Jou GeloofVoorbeeld

Sharing Your Faith

DAG 4 VAN 5

'n Beroep op Intellek



Dit is 'n uitdaging om jou geloof met iemand te deel wat nie in God glo nie omdat hulle Hom nie kan sien nie. Om die waarheid te sê, baie hoogs intelligente mense sukkel om hulle geloof te plaas in iets wat hulle nie kan sien nie. Hulle sal eerder in hulle eie intellek en dinge glo waarin hulle werklik hul vertroue kan plaas. 



As jy al enige deel van die Nuwe Testament gelees het, het jy waarskynlik iets gelees wat deur die apostel Paulus geskryf is. Hy was hooggeleerd, baie intelligent en het selfs op 'n stadium mense vervolg wat in Jesus geglo het. Alhoewel die Bybel nie hieroor duidelik is nie, is dit waarskynlik dat hy met al sy kwalifikasies, 'n beterweterige, arrogante Jood was. Op een onwaarskynlike dag, terwyl Paulus nog die Christene vervolg het, het hy 'n gedaanteverwisseling ondergaan.



"Toe hy op reis naby Damaskus gekom het, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraal. Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: 'Saul, Saul, waarom vervolg jy My?' 'Wie is U, Here?' vra hy toe. 'Ek is Jesus,' antwoord Hy. 'Dit is vir My wat jy vervolg. Maar staan op en gaan na die stad toe. Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen'" (Handelinge 9:3-6).



Paulus het eers die Christene onderdruk en getreiter, maar nou het hy hulle bemoedig en onderrig. Hy het vir jare die waarheid oor Jesus gehoor, maar verkies om Hom te verwerp omdat dit nie in ooreenstemming was met alles wat hy in sy lewe geleer het nie. Op hierdie dag kon geen mate van intellek egter sy ondervinding met Jesus op daardie stowwerige pad wegredeneer nie.



Hierdie metode van evangelisasie, waar ons 'n beroep doen op iemand se intellek, sal nie vir almal werk nie, maar dit sal vir sommige aanloklik wees. Miskien voel ons dat ons net nie genoeg weet om op hierdie intellektuele reis te gaan nie. Selfs al is dit die geval, mag daar 'n tyd kom wanneer God iemand op jou pad plaas wat 'n menigte vrae het, en op baie daarvan sal jy nie noodwendig antwoorde hê nie. 



Kom ons staan tyd af om nuwe dinge van ons wonderlike God te leer, sodat ons voorbereid sal wees om die vrae te beantwoord wat vir ons gevra kan word. Ons kan ook boeke lees oor mans en vroue wat Christus leer ken het deur 'n meer intellektuele weg te volg. Sommige mense wat ons pad kruis sal in niks glo voordat hulle dit heeltemal verstaan nie. Al kan ons nie hulle harte verander nie, kan ons gereed wees om dit te deel wat ons weet, en God vertrou om die res te doen. 



Ons sal nie alles weet nie, maar ons kan vir God wysheid vra, Hy is gereed om dit vir ons te gee. Namate ons nuwe dinge leer, mag God ons gebruik om 'n genade-gevulde waarheid aan iemand te bring op 'n tyd wat ons dit die minste verwag. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Sharing Your Faith

Wanneer ons volgelinge van Jesus word, begin ons 'n lewenslange reis van groei. 'n Deel van groei in ons geloof is om te leer hoe om die goeie nuus van Jesus met ander mense te deel. In hierdie 5-dag leesplan sal ons lee...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid