Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 15 VAN 33

Jy Het Niemand se Goedkeuring Nodig om Gelukkig te Wees nie

Jy kan gelukkig wees ongeag wat in jou lewe gebeur, as jy nie toelaat dat ander jou gesindheid beheer nie.

In Filippense1:15-17 praat Paulus van vier soorte mense wat sy bediening beïnvloed het terwyl hy in die tronk in Rome was. Daar was sommige wat hy as kamerade beskou het, wat hom in sy bediening aangemoedig het. Ander het hom gekritiseer, met hom gekompeteer of sy bediening probeer ondermyn.

"Daar is wel sommige wat dit doen omdat hulle jaloers is of iets teen my het, maar daar is ook ander wat Christus met goeie bedoelings bekendmaak. Hulle doen dit uit liefde omdat hulle weet dat ek hier is om die Goeie Nuus te verdedig. Maar dié wat in eiebelang Christus verkondig, doen dit met onsuiwer motiewe. Hulle bedoeling is om die swaarkry van my gevangenskap nog swaarder te maak" (Filippense 1:15-17 NLV).

Min dinge steel jou geluk soos kritiek of die gewaarwording dat ander jou teëstaan. Hoekom? Want ons almal wil geliefd wees. Ons almal soek goedkeuring. Ons wil hê almal moet van ons hou.

Nogtans sê Paulus in Filippense 1:18: "Maar wat maak dit saak? Of hulle motiewe nou onsuiwer of suiwer is — die feit is dat Christus op allerhande maniere verkondig word, en daaroor is ek baie bly!"

Jy het nie ander mense se goedkeuring nodig om gelukkig te wees nie.

Jy is so gelukkig soos jy kies om te wees! As ander ongelukkig is oor jou, is dit hulle keuse. As jy nou nog nie iemand se goedkeuring gekry het nie, sal jy dit heel waarskynlik nie kry nie. Jy sal boonop ongelukkig wees as jy probeer om die goedkeuring van almal te verkry.

Paulus verduidelik later in verse 29 en 30 hoekom jy gelukkig kan wees ten spyte van alles: "Aan julle is immers die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle voer dieselfde stryd wat julle my vroeër sien stry het. En soos julle gehoor het, duur my stryd nog steeds voort" (NLV).

Paulus sê dat dit 'n voorreg is om te ly as jy die regte ding doen, want jy is meer soos Jesus as iemand jou probeer kruisig en bykom.

Jy kan gelukkig wees ten spyte van wat gebeur, as jy na elke probleem kyk vanuit God se oogpunt en nooit toelaat dat wat ander mense sê of doen jou geluk beheer nie.

 

Luister na die klankonderrig

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org