Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 20 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Wees Betroubaar

Hoe meer mense jou vertrou, hoe gelukkiger sal jy wees. As mense jou nie vertrou nie, gaan jy 'n ellendige lewe hê.

As jy gelukkig wil wees, moet jy iemand word wat mense kan vertrou.

Paulus het Timoteus as 'n voorbeeld hiervan gebruik: "Julle weet egter hoe Timoteus homself bewys het. Soos ’n seun sy pa help, het hy saam met my gewerk om die Goeie Nuus uit te dra" (Filippense 2:22 NLV).

Paulus het gesien hoe Timoteus te werk gaan, in alle omstandighede, en hy het hom as opreg, betroubaar en 'n staatmaker beskou. Een vertaling sê: "Jy weet as watter soort persoon Timoteus homself bewys het." Weet mense watter soort persoon jy regtig is? Is jy as betroubaar bewys, soos Timoteus?

Wanneer jy na 'n bank toe gaan om vir 'n lening aansoek te doen, gaan hulle 'n kredietwaardigheidstoets doen. Hulle wil weet of jy met krediet vertrou kan word. Betaal jy jou rekeninge betyds? Het jy 'n geskiedenis dat jy jou woord hou? Kan die bank op jou staatmaak om die geld terug te betaal? Is jy betroubaar?

Die saak staan so: almal is gedurig besig om 'n kredietwaardigheidstoets op jou lewe te doen. Hulle wil weet of jy is wie jy sê jy is. Is jy die ware Jakob? Wys jy wie jy regtig is? Kan jy vertrou word?

As jy gelukkige verhoudings wil hê, moet jy leer om 'n betroubare persoon te wees.

Hoe ontwikkel jy 'n reputasie van betroubaarheid?

Eerstens moet jy met integriteit lewe. Iemand met integriteit is alles behalwe perfek. Dit beteken maar net dat jy mense wys wie jy regtig is. Jy is die ware Jakob, want jou dade en jou woorde stem ooreen.

Spreuke 25:13 (DB) sê: "Soos ’n beker koue water op ’n warm somersdag, so is die woorde van iemand wat jy werklik vertrou." Kan jou vriende op jou staatmaak om die persoon te wees wat jy voorgee jy is?

Tweedens moet jy jou beloftes nakom.

Psalm 15:4 (DB) sê: "Hy hou sy woord, al kos dit hom soms duur."

Dit beteken dat jy 'n belofte nakom, al kos dit jou meer as wat jy gedink het.

Om te leer om met integriteit te leef, sal ander mense wys dat jy vertrou kan word en sal jou 'n gelukkiger persoon maak.

 

Luister na die klankonderrig

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org