Gewoontes vir GelukVoorbeeld

Habits Of Happiness

DAG 18 VAN 33

Gewoonte vir Geluk: Gee jou Lewe

Geluk kom as jy ander dien en jou lewe gee. Totdat jy dit verstaan, gaan jy nie baie gelukkig wees nie. Geluk kom nie deur selfbevrediging nie. Dit kom deur selfopoffering.

Paulus het geweet dat, om gelukkig te wees, hy moes gefokus bly op sy doel en nie sy probleme nie. Hy het dit so in Filippense 1:21 opgesom: "want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins."

As jy gevra word om die oop spasie in te vul, watter woord sal jy gebruik? "Vir my is die lewe ______." Sal dit vermaak wees? Sport? Klere? Familie? Vriende? 'n Beroep? Daar kan baie goeie dinge wees wat jy kan noem, maar niks verdien die plek van die Een wat jou geskape het en jou die lewe gegee het nie: Jesus Christus.

Waarmee jy daardie oop spasie vul, sal bepaal hoe gelukkig jy is. As jou antwoord "geld" of "sukses" of "mag" is, sal jy vir die res van jou lewe ongelukkig bly. Daar is niks met hierdie dinge verkeerd nie, hulle verdien net nie die eerste plek nie. Jy is nie geskape om 'n klomp geld te maak, dood te gaan en dit dan weg te gee nie. God het 'n veel groter doel vir jou lewe. Daar is net een antwoord wat na geluk lei: om vir Christus te lewe. Gee jou lewe. Dis jou doel!

 

Luister na die klankonderrig

Aangaande hierdie leesplan

Habits Of Happiness

Sluit by Pastoor Rick aan vir hierdie reeks wat jou sal help om daaglikse gewoontes te kweek en wat jou 'n gelukkige persoon sal maak. Stap saam deur Filippense, die gelukkigste boek in die Bybel.

More

Hierdie oordenking © 2016 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming. Vir meer inligting, besoek: www.rickwarren.org