Nuwe Hoop Vervul die Hele Aarde: 'n 2020 Advent OordenkingVoorbeeld

Dag 5: Engele
Engele is vreesaanjaend. Dit is nie moeilik om jou dit voor te stel nie, want die eerste woorde wat engele gewoonlik sê is: "Moenie bang wees nie" (Lukas 1:13, 30, 2:10, ensovoorts).
Ons ken baie min feite oor engele, behalwe dat hulle geestelike wesens is. Dit blyk dat hulle 'n verskeidenheid rolle vervul, van krygers tot voogde tot aankondigers wat deur God gebruik word om sy boodskappe oor te dra.
In die Kersverhaal is hulle boodskappers.
'n Engel het aan Sagaria verskyn. Toe het 'n engel genaamd "Gabriël" aan Maria verskyn om aan haar te vertel dat sy aan God se Seun geboorte sou skenk. 'n Engel het toe in 'n droom aan Josef verskyn om hom ook oor die nuus in te lig.
Die volgende geleentheid waar 'n engel in hierdie verhaal verskyn het, was aan skaapwagters in die veld. Ons het vroeër oor die skaapwagters gesels en hoe ons uit hulle voorbeeld kan leer, maar wat van die engele? Wat leer hulle ons van blydskap te midde van onsekerheid?
Die engele was verheug omdat hulle 'n voordeel gehad het: hulle het die Koning geken wat daardie nag aangekom het en die hoop wat Hy aan die mensdom sou bring. Hulle het geweet wat die moeë wêreld nog nie geweet het nie — hoop is op pad. Dit was 'n hoogtepunt in die menslike geskiedenis en hierdie groep engele het bymekaargekom om die beste nuus te kom vertel wat die skaapwagters ooit sou hoor.
Die "reuse skare" was 'n groot aantal geestelike dienaars van die Here. Jy kan dit selfs 'n hemelse gemeenskap noem, wat dui op die gemeenskap van gelowiges wat eendag saam vir God voor sy troon sal prys (Die Openbaring 7:9).
Die reuse engeleskaar het saam van blydskap gejuig. Die skaapwagters het daardie vreugde ontvang en dit aan ander oorgedra. Lig het versprei en die duisternis verhelder. Te midde van jou eie donker tye, sal jy dalk nie woorde van blydskap en hoop binne jouself kan vind om tot God te rig nie. In daardie tye kan jy uitreik na ander in God se gemeenskap sodat hulle jou kan bemoedig deur God se beloftes oor jou uit te spreek.
Maria, Josef en die skaapwagters het nie geweet watter rolle hulle in 'n verhaal sou speel wat die grondslag van ons geloof as Christene sou vorm nie. Toe niks om hulle sin gemaak het nie, toe die wêreld tam en hopeloos gevoel het, het hulle vasgeklou aan God se beloftes en op sy goedheid vertrou. Hulle het toe die nuus oor daardie goedheid met ander gedeel. Bietjie vir bietjie het hoop versprei.
Mag daardie hoop jou hierdie Adventtyd bemoedig.
Oordenkingsvrae:
- Wat het jy oor engele geleer terwyl jy grootgeword het?
- Na watter mense het jy gedurende die donker en onseker tye van jou lewe uitgereik? Wat was hulle reaksie?
- Is daar iemand teenoor wie jy in hierdie week "God se beloftes kan uitspreek"?
Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig! Almal behoort die verhaal van Jesus se geboorte in hulle eie taal te kan lees en verstaan. Wat as dit nie moontlik is nie? Leer oor Die Bybel vertaling en hoe dit in verskeie tale hoop bring aan gemeenskappe reg oor die wêreld.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Adventtyd bring normaalweg vreugde en Kersliedere, maar miskien was hierdie jaar vir jou baie moeilik gewees. In hierdie 5-dag leesplan sal jy ontdek hoe diegene wat by die geboortetoneel teenwoordig was, teenoor God reageer het te midde van hulle omstandighede en hoe hulle verhale aan jou hoop kan gee.
More
Verwante Leesplanne

Woorde wat Lewe Gee

Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir Lydenstyd

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen

Sewe Dae van die Kersfeesverhaal: 'n Advent Oordenking vir Gesinne

Ongebroke Gemeenskap met die Vader: 'n Studie van Intimiteit in Johannes

'n Hart soos Jesus s'n

Vrug Van Die Gees

Die deur is toe; wat nou?

Van vrees na vertroue
