Nuwe Hoop Vervul die Hele Aarde: 'n 2020 Advent OordenkingVoorbeeld

Inleiding: 'n Vreemde Tyd
'n Bekende Kerslied, "Met Middernag Keer Feest'lik Weer," het 'n liriek wat hierdie jaar by jou mag aanklank vind: "En nuwe hoop vervul die hele aarde toe daardie nag gebore is die Heer!"
Voel jy miskien moeg terwyl ons hierdie Adventtyd binnegaan? Jy is nie alleen nie.
Jy sou selfs kon sê dat om moeg en uitgeput te wees, 'n aanvaarbare aanvangspunt is om hierdie Adventtyd mee in te gaan. Advent het ten doel om ons te herinner dat, ondanks die duisternis wat ons omring en die probleme wat ons het, die hoop van Kersfees nie ver weg is nie.
Dit lyk dalk ver. Dit mag selfs vir jou onmoontlik lyk om hoopvol te wees. Jy het dalk jou werk verloor. Of dalk voel jy afgesonder van jou geliefdes. Jy het dalk selfs gerou oor die verlies van 'n familielid of 'n vriend.
Wanneer jy om jou rondkyk, is duisternis dalk al wat jy om jou sien. As jy probeer om jou oë aan te pas deur dit in die nag te knip, lyk dit of daar geen lig is nie. Die gewig van siekte, dood, ongeregtigheid en pyn voel te swaar.
Of miskien is jy bloot net moeg. Lam. Reg om die lakens oor jou kop te trek en om hierdie hele Kersfeesvreugde-ding maar volgende jaar weer te probeer. Moenie skuldig voel nie. Erken eerder die werklike duisternis van hierdie wêreld, en jy sal oë hê wat Advent deur dieselfde lens kan aanskou as die mense wat duisende jare gelede op die Messias gewag het.
Vir 500 jaar na hul laaste profeet, Maleagi, het die volk van Israel nog niks van God oor hulle Verlosser gehoor nie. God se uitverkore volk moes na Hom geroep het, gevra het hoe lank dit nog sou wees voordat hulle hoop, hulle redding, sou opdaag. Dit was te donker en God was stil. Het Hy hierdie jaar vir jou ook so gevoel?
Alhoewel Hy ver van hulle af gevoel het, was God soveel nader as wat sy mense geweet het — besig om Jesus se verskyning aan die wêreld op die mees onverwagse manier te beplan.
Oor die volgende vier dae sal ons nadink oor vier perspektiewe van dié wat by die geboortetoneel teenwoordig was. Terwyl jy jou in hierdie verhale verdiep, sal jy ontdek wat jy kan leer uit hierdie karakters se reaksies op God, te midde van 'n paar skouspelagtige, maar vreemde en skrikwekkende gebeurtenisse.
Oordenkingsvrae:
- Hoe verskil hierdie Adventtyd van vorige jare?
- Vind jy dit moeilik om geduldig te wees terwyl jy op God se beloftes wag? Hoekom of hoekom nie?
- Aan watter karakters dink jy wanneer jy aan die geboortetoneel dink?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Adventtyd bring normaalweg vreugde en Kersliedere, maar miskien was hierdie jaar vir jou baie moeilik gewees. In hierdie 5-dag leesplan sal jy ontdek hoe diegene wat by die geboortetoneel teenwoordig was, teenoor God reageer het te midde van hulle omstandighede en hoe hulle verhale aan jou hoop kan gee.
More
Verwante Leesplanne

Woorde wat Lewe Gee

Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir Lydenstyd

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen

Sewe Dae van die Kersfeesverhaal: 'n Advent Oordenking vir Gesinne

Ongebroke Gemeenskap met die Vader: 'n Studie van Intimiteit in Johannes

'n Hart soos Jesus s'n

Vrug Van Die Gees

Die deur is toe; wat nou?

Van vrees na vertroue
