Leesplan inligting

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesVoorbeeld

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

DAG 4 VAN 29

Lees: 1 Johannes 1:5-2:2  

SOAP - 1 Johannes 1:9

Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. 

Oordenking

Wanneer ons ons sondes bely, erken ons dat ons gesondig het, dat ons nie perfek of rein is nie en dat ons hulp nodig het. Daar is nie 'n dag of selfs 'n uur wat verbygaan waarin ons nie sondig nie. Ons motiewe is nie altyd suiwer nie, ons gedagtes is nie altyd goedgunstiglik nie, ons oordeel is nie altyd reg nie, ons woorde en ons stemtoon is nie altyd welwillend nie en ons aksies is nie altyd vir God aanneemlik nie. Ons moet skoongewas word, ons moet op die regte pad gebring word en ons moet gered word. 

Gelukkig behoort ons aan 'n goeie God wat genadig, geduldig en mees belangrik, vergewensgesind is. As ons na Hom toe kom met ons sondes, sal Hy ons vergewe. Hy sal daardie las neem en dit in die diepste see gooi. Dan reik Hy sy hulp uit. Hy gee ons sy Woord sodat ons kan weet hoe om te leef. Hy gee ons krag om sonde te weerstaan. Hy gee ons wysheid sodat ons kan onderskei wat is goed en wat nie. Hy gee ons die Heilige Gees wat leer, korrigeer, intree en troos. 

Gebed

Here, help my om in eerlikheid na U te kom en al my sonde en worstelinge voor U neer te lê, want ek weet dat U belowe het om my te vergewe en te help. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. ...

More

Ons bedank Love God Greatly Afrikaans vir die verskaffing van hierdie plan: http://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid