Leesplan inligting

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesVoorbeeld

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

DAG 26 VAN 29

Lees: 3 Johannes 1:1-4  

SOAP - 3 Johannes 1:4

Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe.

Oordenking

Die derde brief van Johannes is nie die eerste keer dat hy sy vreugde noem omdat hy God se kinders in die waarheid sien wandel nie. Hy het ook in sy tweede brief soortgelyke dinge geskryf.

Dit is nie genoeg om te sê dat ons Christene is of om te sê dat ons glo nie. Jakobus vertel dat selfs die duiwels glo, maar hulle word nie gered nie (Jak. 2:19). 'n Waarlik veranderde hart word weerspieël in die manier waarop ons ons lewe leef, die manier waarop ons met ander praat, die manier waarop ons swaarkry en teleurstelling hanteer, die manier waarop ons opstaan ​​vir die waarheid en die manier waarop ons ons prioriteite gekies het.

Om in die waarheid te wandel is meer as om met die Skrif saam te stem; dit is om God se Woord en sy weë lief te hê, ongeag die ongewildheid van daardie waarheid by diegene rondom ons. Met die hulp van God sal ons standvastig kan wees en leef volgens sy gebooie.

Gebed

Here, ek is so dankbaar dat U my nie alleen los nie, maar dat U my alles gee wat ek nodig het vir die lewe en godsaligheid. Help my om te onthou om U daagliks aan te roep, sodat ek U met my lewe kan eer. Amen.

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. ...

More

Ons bedank Love God Greatly Afrikaans vir die verskaffing van hierdie plan: http://LoveGodGreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid