Leesplan inligting

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesVoorbeeld

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

DAG 10 VAN 29

Lees: 1 Johannes 2:28-3:10  

SOAP - 1 Johannes 2:28–29

En nou, liewe kinders, julle moet in Hom bly, sodat ons almal niks te vrees sal hê wanneer Hy kom nie en by sy wederkoms nie beskaamd voor Hom sal staan nie. Aangesien julle weet dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat regverdig lewe, 'n kind van God is.

Oordenking

Wanneer iets vir ons belangrik is, is dit geneig om gereeld na vore te kom in ons gesprekke. Dit wil voorkom asof die onderwerp van 'bly' 'n waarheid is waaroor Johannes baie passievol was. Hy het meer breedvoerig daaroor geskryf in Johannes 15, en weer hier in 1 Johannes 2.

Om te bly beteken om êrens te “woon”. Geestelik gesproke moet ons in Jesus bly of woon. Ons moet so nou aan Hom gebind wees dat ons hart en gedagtes heel eerste op Hom gerig is voor iemand of iets anders. Dit beteken dat ons sy Woord, sy weë en sy werke liefhet. Een manier om te weet of ons in Hom bly, is om onsself af te vra: "Is ek verveeld met die Evangelieboodskap?" As ons bly in Hom, sal ons nie verveeld wees met Jesus en alles wat Hy namens ons gedoen het nie.

Diegene wat in Hom bly, sal vertroue hê wanneer Hy terugkom, omdat hulle weet dat hulle prioriteite reg was, dat hulle geloof sterk was, en hul hoop standvastig was omdat hulle nou aan Jesus verbind was.

Gebed

Here, ek erken dat dit soms maklik is om meegevoer te raak deur die weë van die wêreld, die lewensaktiwiteite of die swaarkry in my omstandighede. Help my asseblief om my oë op U te hou. Help my om U lief te hê met my hele hart, verstand en siel, sodat u Woord voorrang geniet. Maak gebed 'n vreugde en 'n vertroosting in my lewe en help my om die belangrikheid daarvan te sien om in U te bly. Amen.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. ...

More

Ons bedank Love God Greatly Afrikaans vir die verskaffing van hierdie plan: http://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid