Leesplan inligting

Nuwe Dag, Nuwe JyVoorbeeld

New Day, New You

DAG 3 VAN 14

Ons Mag Lag



Baie ernstige dinge is aan die gang in hierdie wêreld en ons moet bewus wees daarvan en voorbereid wees daarop. Maar terselftertyd moet ons leer ontspan en dinge aanvaar soos dit is, sonder om gespanne en ontsteld te raak daaroor. Ons moet leer hoe om die goeie lewe te geniet wat God vir ons voorsien het deur die dood en opstanding van Sy Seun Jesus Christus (SIEN JOHANNES 10:10). Ten spyte van al die ontstellende dinge wat rondom ons in die wêreld aangaan, moet ons daaglikse belydenis wees: "Dit is die dag wat die Here gemaak het. Ek sal juig en my verbly daarin."



Iets wat ons Christene meer moet doen, is lag. Ons neig om so beswaard te wees oor alles - ons sondes, ons verwagting om volmaak te wees, ons groei in God, ons gebedslewe, die gawes van die Gees en om Skrifte te memoriseer. Ons dra sulke swaar laste rond. As ons net 'n bietjie meer sal lag - ons verbly, "bly wees" - sal ons vind dat 'n bietjie lag daardie las baie ligter maak.



In die wêreld waarin ons lewe is daar nie baie om oor te lag nie, so ons sal dit doelbewus moet doen. Dis maklik om baie te vind om bekommerd oor te wees. Om gelukkig te wees, moet ons 'n bietjie daaraan werk. Ons moet lag en 'n genotvolle tyd hê.



Uit die boek "New Day, New You" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2007 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

New Day, New You

Dit is so belangrik hoe jy daardie eerste gedagtes van jou dag spandeer - selfs net 'n paar minute elke oggend met God is jou geleentheid om op die regte voet te begin en 'n positiewe toon daar te stel. Nuwe Dag, Nuwe Jy...

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid