Leesplan inligting
Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld
Hier kom die Seun
Toe Matteus die verhaal vertel van Jesus wat op die water geloop het, skryf hy dat die wonderwerk gebeur het "in die vierde nagwaak ..." (AFR53). Hierdie nagwaak was normaalweg van 3:00 tot 6:00 — gewoonlik die donkerste deel van die nag tot net voor die son opkom.
Ek het bewus geword van die betekenis hiervan gedurende 'n familievakansie teen die Floridakus waar ons 'n skouspelagtige uitsig van die sonsopkoms oor die oseaan vanuit ons woonstel gehad het. My dogter sou elke oggend opstaan en saam met my na die sonsopkoms kyk, en wanneer die sonlig vir die eerste keer oor die horison verskyn, sou sy aankondig: "Hier kom die lig!" Toe Jesus — die Lig van die wêreld — doelbewus net voor sonsopkoms op die see na die dissipels toe geloop het, wonder ek of hulle dieselfde ding gesê het: "Hier kom die Lig!"
Miskien moet jy vandag herinner word dat, wanneer dinge op sy donkerste is, dit juis is wanneer die Lig kom.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan, of is nou in 'n lewensstorm, of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag oordenking sal jou herinner dat Jesus in beheer is van elke storm. Omda...
More