Leesplan inligting

Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld

Open In Case Of Emergency

DAG 11 VAN 14


 


Die begin van iets nuuts


Wanneer jy in die middel van 'n moeilike lewenstydperk is, kan dit moeilik wees om te sien deur die mistigheid waarin jy is. Soms kan ons nie die volgende tree voor ons sien nie, en dan voel dit asof ons teen die rotse gaan bots. Maar ek glo, wanneer ons reg in die middel van die dal van doodskaduwee is, is ons die meeste bewus van ons afhanklikheid van Jesus.


Ek het in die lewe geleer dat, wanneer ek ook al verdwaal het in die mistigheid van droefheid of pyn of onsekerheid, dít juis is wanneer God my na 'n nuwe plek van geloof en volwassenheid bring. Terwyl ons dit nie aanvanklik kan sien nie, is daar altyd 'n doel met ons pyn — en God wil die moeilike tye gebruik om iets nuuts in ons te laat groei. In der waarheid het God ons tog gewaarsku dat ons dit moeilik sal hê in hierdie wêreld, maar Hy het ook deur die profeet Jesaja gevra " … sou Ek die moederskoot laat oopgaan en nie 'n geboorte laat plaasvind nie?"


Vandag, te midde van jou pyn … wanneer onsekerheid jou soos mis omring en jy nie kan sien waar jy gaan nie — weet dat God besig is om iets nuuts in jou tot stand te bring.


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Open In Case Of Emergency

Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan, of is nou in 'n lewensstorm, of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag oordenking sal jou herinner dat Jesus in beheer is van elke storm. Omda...

More

Ons will graag vir Dave Adamson bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: Instagram.com/aussiedave

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid