Leesplan inligting

Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld

Open In Case Of Emergency

DAG 10 VAN 14


 


Gevestig in God


Ons het almal al gesien hoe bome hulle blare verloor en gedurende die winter rus, maar in Israel se woestyn is daar bome wat vir dekades die intense hitte en droogte kan oorleef. Op die oppervlak lyk hierdie bome maar droog en leweloos, maar hulle het 'n diep wortelstelsel wat hulle voed gedurende die droogste van tye. Selfs gedurende tye van uiterste en aanhoudende droogte, is hierdie bome steeds in staat om koelte aan die mense te verskaf, hout vir vuur, en in sommige gevalle, selfs ook vrugte as kos. God het hierdie bome spesifiek so ontwerp om te kan oorleef tydens die moeilikste tye.


Dit is die beeld wat die profeet Jeremia gebruik het toe hy geskryf het: "Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot."


Gaan jy tans deur 'n moeilike tyd? Is jy vandag midde-in 'n droogte? Dit is die tyd wanneer God wil hê dat jy 'n diepgewortelde vertroue in Hom moet ontwikkel — nie net sodat jy jou eie omstandighede kan oorleef nie, maar ook sodat jy die mense om jou deur jou geloof kan seën.


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Open In Case Of Emergency

Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan, of is nou in 'n lewensstorm, of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag oordenking sal jou herinner dat Jesus in beheer is van elke storm. Omda...

More

Ons will graag vir Dave Adamson bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: Instagram.com/aussiedave

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid