Leesplan inligting
Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld
Jesus is in beheer
Indien jy ooit die geleentheid kry om langs die kus van die See van Galilea te stap, sal jy nie baie huise daar vind nie. Dit is omdat die Jode 'n negatiewe siening van water het. Jy sien, die Hebreeuse woord vir water is mayim, wat stam van die grondwoord mah wat chaos beteken. Wanneer jy na sommige van die Bybelse verhale kyk, is dit maklik om te verstaan waarom hulle bang is:
— In Genesis was die begin van die skepping 'n deurmekaar watermassa waarin God orde gebring het.
— Water het die aarde oorstroom in die tyd van Noag.
— Jona het in die see beland nadat hy sy rug op God gedraai het.
— Die Israeliete is slegs gered toe God die water van die Rooisee geskei het.
Dus, toe Jesus daarop "aangedring" het dat sy dissipels die See van Galilea moes oorsteek, direk binne-in 'n reuse storm, glo ek dat Hy iets belangrik aan hulle wou wysbring. Toe Jesus hulle gered het deur op die water te loop, het Hy doelbewus sy volgelinge gewys dat Hy bó al die chaos in hulle lewens is, en in beheer van elke situasie.
Watter spanningsvolle of angswekkende situasie jy ook al in die gesig staar, onthou dat Jesus nie net in volle beheer van jou chaos is nie, maar dat Hy jou ook roep om saam met Hom bo die chaos uit te styg.
[Klik hier om deel te word van die BibleInPhotos gemeenskap en ontvang daaglikse oordenkings]
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan, of is nou in 'n lewensstorm, of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag oordenking sal jou herinner dat Jesus in beheer is van elke storm. Omda...
More