Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld

Open In Case Of Emergency

DAG 12 VAN 14

 

Jesus glo in jou

As jy vir Jesus 2000 jaar gelede gevolg het en Hy jou gevra het om uit HIERDIE boot te klim en op HIERDIE kalm see saam met Hom te loop, wed ek jou dat die meeste van ons sommer sou ingespring het. As die waters rustig en kalm was, sou dit maklik gewees het om daardie geloofstap te neem. Dit is omdat dit vir ons maklik is om daardie geloofstap te neem wanneer God ons roep om iets te doen wat maklik lyk en inpas by ons planne, of as daar nie van ons verwag word om enige risiko's te neem nie.

Toe Jesus vir Petrus geroep het om uit die veiligheid van sy boot te klim, sê die verhaal dat daar 'n sterk wind en hoë golwe was! Die sterk visserman was bang, maar hy het in elk geval uit die boot geklim. Toe, nes Petrus se vrees begin oorneem en hy begin sink, het Jesus sy gebrek aan geloof uitgewys — nie in Jesus wat nog steeds op die water geloop het nie, maar in homself. Jesus het geglo dat Petrus sou kon doen waarvoor hy geroep was — en Jesus glo dat jy ook kan doen waarvoor jy geroep is.

As jy vandag in 'n woeste storm instap, is dit omdat Jesus glo dat jy dit kan doen, en Hy is gereed om jou by te staan. Vandag is jou dag om uit die boot te klim!

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Open In Case Of Emergency

Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan – is nou in 'n lewensstorm of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag leesplan sal jou herinner dat Jesus in beheer van elke storm is. Omdat visuele beeld die "taal van die 21ste eeu" is, bevat elke oordenking oorspronklike foto's om dit te verduidelik en die impak daarvan te verdiep.

More

Ons will graag vir Dave Adamson vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: Instagram.com/aussiedave