Leesplan inligting

Om op God te WagVoorbeeld

Waiting on God

DAG 7 VAN 8

Om die Wagperiode in Dapperheid te Oorleef


Aanhoudende vertragings kan ontmoedigend wees, veral wanneer omstandighede moeilik raak of jou laste te swaar word om te dra.



Dis baie waarskynlik dat jy al hartverskeurende oomblikke beleef het — verwoestende teleurstellings wat jou laaste bietjie krag en vasberadenheid steel. Dae, weke, maande, en soms jare gaan verby sonder dat jou gebede verhoor word. Die siekte, finansiële moeilikheid, konflik, eensaamheid, onsekerheid, of behoefte duur voort. Jy sukkel, jy voel die oorweldigende versoeking om jou aan uiterste wanhoop oor te gee en terug te val in ou, vernietigende gewoontes.



Niks kan jou so in die duisternis van wanhoop indompel soos 'n verlengde wagperiode nie. Dit is egter wanneer jy moet besluit om met dapperheid op die Here te wag. Die eienskap wat ons in staat stel om lyding, teenstand en die uitdagings van die lewe te verduur met 'n standvastige en vreeslose vertroue in God se voorsiening en beskerming, is dapperheid. Dit is ook jou dapperheid wat onder druk geplaas word en verfyn word gedurende jou donkerste en seerste tye.



Dapperheid is 'n denkwyse wat absoluut noodsaaklik is vir 'n kind van God om te triomfeer. Wanneer alles donker lyk en daar geen hoop in sig is nie, hou ons onverskrokke aan om te vertrou dat die Vader heeltemal in beheer is. Ons verloor nie moed nie, want ons glo dat die Here steeds goeie en wonderlike planne vir ons lewens het. Ons is bereid om teenstand in die gesig te staar en goeie geleenthede wat net tydelike gemak bied te laat vaar, sodat ons die heel beste wat die Here vir ons beplan, kan aangryp.



Hoe bly jy dus op koers met sy doelwitte vir jou lewe wanneer alles donker lyk en jy verlate voel? Hoe kan jy met dapperheid die waarheid aangryp dat God na jou sal omsien en jou sal lei? Onthou dat ...




  1. God met jou is. Hy weet presies waar jy is en wat jy in die gesig staar — en Hy stap die pad saam met jou; Hy versorg en beskerm jou op jou weg.

  2. Hy het 'n belangrike doel vir die tydperke van teëspoed wat jy beleef. Om van jou sy nuttige, doeltreffende verteenwoordiger te maak, onderrig die Vader jou in die vuurproef van teëspoed. Hoekom? Omdat niks anders jou begrip meer kan verdiep, jou deernis vir ander kan aanwakker, en jou kan wys wat werklik belangrik is, soos wat pyn kan nie. 

  3. Jy is in 'n geestelike stryd (Ef. 6:12). Jy het 'n werklike vyand wat die kern van jou wese aanval. Hoe doen hy dit? Deur dit wat jy dink en glo (2 Kor. 10:4-5). Daar is nie 'n gunstiger tyd vir die duiwel om jou te ontmoedig en te treiter, as wanneer jy op God wag nie. Hy weet presies hoe om die seerste, kwesbaarste plekke in jou lewe te teiken en jou na wanhoop te dryf. Deur Jesus se voorbeeld in Matteus 4, kan jy die duiwel se ontmoedigende leuens met dapperheid en die magtige waarheid van die Skrif teenstaan.

  4. Jy moet jou dankbaarheid aan God betoon, ten spyte van wat gebeur (1 Tess. 5:18). Jy moet in alle omstandighede dankbaar wees in die wagperiode wat jy beleef, terwyl jy dapper vertrou op die Een wat jou uiteindelik daardeur sal bring.


Skep moed — daar is 'n perk op die vertragings en lyding in jou lewe. Hulle sal net so lank aanhou as wat dit vir God nodig is om sy doelwitte in jou te bereik (Ps. 138:8). Indien jy dapper en getrou bly en vertrou dat God jou deur die moeilike tye van jou lewe sal lei, sal Hy wonderlike dinge in en deur jou doen. Hy sal jou van wanhoop na die wonderlikste plek neem waar al sy beloftes vir jou waar sal word. 


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Waiting on God

Wag jy vir God om jou gebede te beantwoord? Gaan die dae, maande en jare verby sonder enige bewys dat jou diepste verlangens ooit vervul sal word? Indien wel, is jy nie alleen hierin nie. Sluit by Dr. Charles Stanley aan...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv-waiting-on-god2 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid