Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 10 VAN 30

Die Genade van Vriendelikheid

Wanneer 'n besoeker van die vliegtuig afklim en die aankomssaal by die Kotoka Internasionale lughawe in Accra, Ghana binnegaan, is die eerste ding wat hy of sy oplet, 'n groot portret van 'n jong vrou met 'n breë glimlag. Sy hou 'n pot met water en 'n kalbas vas en die woord akwaaba is in groot vetgedrukte letters op die portret geskryf. 


Akwaaba beteken "welkom" in die Akanese taal van Ghana. Hierdie pragtige glimlag is 'n hartlike verwelkoming aan besoekers van hierdie land waarvan gesê word dat hulle die vriendelikste mense op aarde is. 'n Besoeker aan enige huis in Ghana word heel eerste water aangebied, wat 'n boodskap aan die besoeker is dat hy welkom is. Vriendskap word dan gebou en 'n vertrouensverhouding ontwikkel, wat blywende voordele inhou. Goedheid en vriendelikheid het 'n kulturele kenmerk van die Ghanese mense geword en word tereg beskryf as die "spreekwoordelike Ghanese gasvryheid". 


Hierdie kulturele norm is iets wat alle Christene beveel word om na te volg. Die Skrif spoor ons aan om vriendelikheid teenoor almal te betoon, insluitend vreemdelinge. 


Gasvryheid is 'n wonderlike Christelike waarde wat elke dag in ons lewens as Christene ingeskerp moet word. Wanneer ons vriendelikheid aan mense betoon, veral vreemdelinge, wen ons die harte van hulle teenoor wie ons getuig en bring aan hulle die reddende genade van God. Ons kry ook belonings van God af. 


In Genesis 18 en 19 het Abraham drie vreemdelinge ontvang en vriendelikheid aan hulle bewys. Die drie besoekers wat sulke hartlike gasvryheid van Abraham ontvang het, was op 'n sending om aan te kondig dat God se belofte om vir Abraham 'n erfgenaam te gee, binnekort vervul sou word. Hulle het Abraham ook gewaarsku oor die goddeloosheid van Sodom en Gomorra en God se plan om daardie twee stede te straf. 


Abraham se vriendelikheid het vir hom belonings gebring.

1. God het nie net sy belofte om vir Abraham 'n erfgenaam te gee bevestig nie, maar Hy het ook vir hom gesê dat hy binne 'n jaar 'n kind sou hê. Die belofte is vervul toe Sara 'n jaar later geboorte geskenk het aan Isak. 

2. Abraham het die seldsame voorreg gehad om vooraf kennis te kry van God se plan om sy wraak oor Sodom en Gomorra uit te stort. Omdat God vir hom vertel het wat met die twee stede sou gebeur, kon Abraham intree vir sy neef Lot, wat in daardie stad gewoon het, en om die genade van God te vra.

Of ons dit besef of nie, ons almal word deur ons kultuur beïnvloed. Ons hoor dit dalk by ons bure, medewerkers of gemeentelede wat slegte dinge sê oor mense met 'n ander agtergrond, van 'n ander nasie of met 'n ander velkleur. Hoe erg word ons deur sulke negatiewe idees beïnvloed?


In die boek Rut, het Boas sy landerye gaan besoek tydens die oestyd en vir Rut opgemerk, 'n vreemde vrou van die land Moab. Boas het hom ontferm oor Rut se situasie as 'n vreemdeling. Boas het respek en gasvryheid teenoor die vrou betoon en uiteindelik met haar getrou. Net soos Boas, moet ons die regte en waardigheid van armes en vreemdelinge respekteer. Een kragtige manier om Christus te verkondig, is om 'n standpunt in te neem teenoor gebruike in ons gemeenskap wat vreemdelinge minag en ignoreer. Ons kan vriendelik wees teenoor vreemdelinge deur hulle hartlik in die gees van akwaaba te groet en hulle die liefde van God te bewys. 


Gebedsversoek

· Bid vir die Ghanese kerk om 'n visie vir sending te ontwikkel om die dorpies in die noorde en verder aan met die boodskap van Jesus te bereik. 

  


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid