Leesplan inligting

Die HuwelikskursusVoorbeeld

The Marriage Course

DAG 6 VAN 7

Bevredigende Seks


'n Emosionele verbintenis lei tot bevredigende seks en bevredigende seks kweek 'n beter emosionele verbintenis.



Seks is die uiteindelike lyftaal wat ons gebruik om ons begeertes aan ons huweliksmaat uit te druk, en ook ons begeertes aan:




  • nabyheid 

  • gemaklikheid 

  • liefde

  • beskerming

  • om saam kinders te hê


Ons seksuele verhouding:




  • Herstel ons emosionele welstand, wat ons dan weer help om die druk van die lewe te hanteer

  • Uitdrukking en verdieping van "een vlees" te wees.


Vyf geheime om die vonk te behou


1. Kommunikasie



Dit begin as 'n moeilike saak aangesien ons seksualiteit baie privaat is en ons dan kwesbaar moet wees.



Vertel mekaar waarvan julle hou; moenie dit los dat die ander een moet raai nie.



Sien enige probleem in jul seksuele verhouding as "ons" probleem, nie "joune" of "myne" nie.



2. Prioritiseer



Bewaak die fisieke ruimte om intiem te wees:




  • los die TV-skerms buite die slaapkamer

  • koop 'n wekker indien nodig


Wees kreatief:




  • verander die atmosfeer, sagte beligting kan help

  • wees intiem op verskeie maniere

  • maak beurte met wie inisieer

  • benader verskeidenheid met sensitiwiteit op 'n gemeenskaplike pas

  • ons moet fokus daarop om ons huweliksmaat plesier te gee en nie net onsself nie


Seks is nie net die kersie op die koek van 'n huwelik nie; dit is 'n belangrike bestanddeel van die koek self.



3. Verwagtinge



Ons belangrikste seksuele bate is ons gedagtes.



Om julle eie private taal en private seine rondom seks te hê, laat gedagtes ontstaan wat verwagtinge skep en begeerte opbou (die beste seks begin by die ontbyttafel!).



Wedersydse toestemming tot die onthouding van seks kan 'n egpaar se seksuele verhouding verbeter.



Romanse skep die atmosfeer om seks te hê.



Maak seker dat enige seksuele gedagtes en behoeftes op jou huweliksmaat gerig is.



Romanse is die brug tussen die alledaagse praktiese wêreld en die private ruimte van ons seksuele verhouding.



4. Reaksie



Seks begin gewoonlik as 'n keuse en dan volg opwinding.



Om onsself seksueel aan iemand bloot te stel verg 'n omgewing van vertroue.



Om seksueel te reageer kan jou lewensmaat selfvertroue gee en goed laat voel. 



5. Vriendelikheid



Seks gaan daaroor om te gee: om ondersteuning te gee in 'n praktiese manier en tyd te neem om in te skakel op mekaar se emosionele behoeftes.



Mans en vroue verskil van mekaar wanneer dit by seksuele opwinding kom.



Wees ingestel op die ander, nie op jouself nie.



Vriendelike woorde gaan selfvertroue in jou lewensmaat bou.




  • moet nooit jou huweliksmaat se natuurlike liggaamsbou beledig nie

  • vertel mekaar gereeld waarvan julle van mekaar se lywe hou


Daar is 'n baie sterk verbintenis tussen die bou van selfvertroue en 'n intieme seksuele verhouding. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Marriage Course

Die huwelik is ontwerp as die naaste moontlike verhouding van toenemende intimiteit en onderlinge afhanklikheid, maar dit gebeur nie vanself nie. Ons moet aanhoudend daaraan werk om aan ons huwelik verbind te bly. Hierdi...

More

Baie dankie aan Alpha wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://themarriagecourse.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid