Leesplan inligting

Die HuwelikskursusVoorbeeld

The Marriage Course

DAG 1 VAN 7

Verbintenis Versterking


Die huwelik is ontwerp as die naaste moontlike verhouding van toenemende intimiteit en onderlinge afhanklikheid, maar dit gebeur nie vanself nie. Ons moet aanhoudend daaraan werk om aan ons huwelik verbind te bly. 



Versorging van 'n wingerd



Vier vergelykings om 'n huwelik te versorg:



1. Aanpassing



Die vroeë jare in die huwelik vereis baie aanpassings. 



Ons kan onsself verander, maar nie ons huweliksmaat nie.



2. Snoei



Soos die lewe besiger raak, is 'n kern vaardigheid in die huwelik om die verhouding te prioritiseer (snoei sekere dele weg om ander te prioritiseer). 



Ons gaan alleenlik as 'n egpaar oorleef as ons leer om ons huweliksverhouding bo enige ander eise op ons tyd te prioritiseer. 



3. Ondersteuning



Die huwelik het 'n ondersteuningsnetwerk nodig (vriende, familie, ouer egpare by wie ons kan leer).



Ons kan moontlik voor uitdagings te staan kom soos siektes, onvrugbaarheid, finansies, kinders wat die huis verlaat tot bejaarde ouers.



Dit is noodsaaklik om ons huweliksmaat te ondersteun en te bemoedig.



Wanneer ons mekaar ondersteun met die uitdagings wat ons saam aanpak, bring dit ons nader aan mekaar. 



4. Hernuwing



Om bereid te wees om oor ons individuele behoeftes en begeertes te praat.



Om met ons huweliksmaat ons hoop vir die toekoms saam te deel.



Om rustig te raak sodat ons besluite kan neem oor veranderinge wat ons wil aanbring.



Om saam te oorweeg of ons met sekere aktiwiteite sal ophou, sodat ons meer tyd saam kan deurbring.



Met iets nuut begin wat ons verhouding sal versterk, herstel of vernuwe. 



Indien julle probleme in jul huwelik het, wil ons jou aanmoedig om jul verbintenis te hernu, indien moontlik. Egpare kan, wanneer hulle na hulle huwelik begin omsien, groot veranderinge laat plaasvind en 'n nuwe verbintenis en vlak van intimiteit beleef. 



Maak tyd vir mekaar



Om tyd te maak vir die mense wat die meeste in ons lewens vir ons beteken, gebeur nie vanself nie, dit verg 'n doelbewuste besluit. Ons moet gereelde kwaliteit-tyd saam deurbring om 'n verhouding te laat floreer en groei.



Beplan 'n romantiese afspraak eenmaal per week, bring een tot twee ure alleen met jou huweliksmaat deur om romanse aan te wakker, pret te hê en met mekaar oor julle gevoelens (hoop, vrese, bekommernisse, opwinding) te gesels.



Sien om na mekaar



Om na jou huweliksmaat om te sien sluit mekaar se emosionele behoeftes, toegeneentheid, bemoediging, ondersteuning, gemak, ens. in.



Dis asof daar 'n leemte binne ons is wat gevul moet word met 'n ander persoon se liefde en aandag.




  • Wanneer iemand ons intiem ken, wanneer iemand ons liefhet, dan voel ons nie meer alleen nie, dan is die leemte gevul.


Deur mekaar se emosionele behoeftes te erken en bevredig, is hoe ons daardie leemte vul.






Om meer uit te vind oor The Marriage Course, besoek gerus hier


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Marriage Course

Die huwelik is ontwerp as die naaste moontlike verhouding van toenemende intimiteit en onderlinge afhanklikheid, maar dit gebeur nie vanself nie. Ons moet aanhoudend daaraan werk om aan ons huwelik verbind te bly. Hierdi...

More

Baie dankie aan Alpha wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://themarriagecourse.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid