Leesplan inligting

Die HuwelikskursusVoorbeeld

The Marriage Course

DAG 4 VAN 7

Die Krag van Vergifnis


Dit is van kardinale belang om jammer te sê en mekaar te vergewe, want ons sal altyd mekaar seermaak.



Onopgeloste seerkry ondermyn die vertroue en openlikheid tussen ons en vernietig ons intimiteit.



Reaksies op seerkry


Woede



Om kwaad te word is nie op sigself sleg nie; dit het 'n Godgegewe doel en vorm deel van ons interne meganisme wat aandui iets is nie reg nie en moet aandag ontvang.



Wat gebeur wanneer seerkry en woede onderdruk word?



Gedragspatrone




  • angstigheid

  • lae seksdrang

  • kort van draad / onverdraagsaamheid

  • ontsnapping deur die gebruik van dwelms, alkohol, pornografie ens.

  • ontsnap in werk, kinders, godsdienstige aktiwiteite ens.


Fisieke simptome




  • slaapversteuring

  • eetlusversteuring

  • mediese toestande, bv. maagseer, hoë bloeddruk, pyn


Emosionele simptome




  • verloor positiewe emosies soos romanse, liefde, geluk

  • lae selfbeeld / depressie

  • skakel almal uit

  • vrees vir konfrontasie


Proses om die seer te genees


1. Praat daaroor



Of jy die een is wat seergekry het of wat seergemaak het, neem die inisiatief en bring dit na vore sodat die genesing kan begin. 'n Versameling van al die klein bietjie seerkry kan lei tot die verlies van intimiteit, net soos 'n klomp klein klippies na 'n ruk 'n drein kan verstop.



2. Vra om verskoning



Neem verantwoordelikheid en weerstaan die drang om verskonings te maak of jou huweliksmaat te blameer.



Verskonings of om jou huweliksmaat te blameer klink so: "Ek weet ek het jou gister voor die kinders verkleineer, maar as jy nie veroorsaak het dat ons laat was nie, sou ek dit nie gedoen het nie."



Behoorlike verskoning: "Ek het jou gister seergemaak deur jou voor die kinders te verkleineer, dit was onnodig. Ek is jammer."



Deur ons foute aan Christus te bely en sy vergifnis te vra sal ons help om te sien hoe ons optrede ons huweliksmaat seergemaak het.



3. Vergifnis



Dit is noodsaaklik om te vergewe en een van die kragtigste vorms van genesing in die huwelik.



Vergifnis is eerstens 'n keuse, nie 'n gevoel nie:




  • Vergifnis vereis altyd iets van ons

  • Die vraag is nie: "Is ek lus om jou te vergewe?" nie, maar eerder:"Gaan ek jou vergewe?" Sal ek my selfbejammering laat vaar / aandrang op geregtigheid / begeerte vir vergelding?


Vergifnis IS NIE:




  • om voor te gee of dit nie saak maak nie en om daarvan te probeer vergeet

  • om die seerkry te ontken (en te hoop dit verdwyn)

  • om te dink, "Ons liefde vir mekaar gaan op een of ander wonderbaarlike wyse die seerkry oplos sodat dit nie meer saak maak nie"


Vergifnis IS:




  • om die oortredings teen ons te erken

  • erkenning te gee aan ons emosies

  • die besluit te neem om dit nie teen ons huweliksmaat te hou nie


Vergifnis is 'n proses, ons sal soms dieselfde oortreding moet vergewe, soms op 'n daaglikse basis.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Marriage Course

Die huwelik is ontwerp as die naaste moontlike verhouding van toenemende intimiteit en onderlinge afhanklikheid, maar dit gebeur nie vanself nie. Ons moet aanhoudend daaraan werk om aan ons huwelik verbind te bly. Hierdi...

More

Baie dankie aan Alpha wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://themarriagecourse.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid