Leesplan inligting

Die HuwelikskursusVoorbeeld

The Marriage Course

DAG 5 VAN 7

Die Invloed van Familie


Familieagtergrond het 'n groot invloed op die huwelik




  • Vir sommige mense is die ondersteuning wat hul ontvang van hul familie goed en van waarde in die bou van 'n sterk huwelik,

  • vir ander, is die dinamika van die familie meer gekompliseerd en kan skade aanrig.


Om te los en te laat vaar


Wanneer ons trou moet 'n diepgaande verandering met ons ouers (of voog) plaasvind.




  • Die groei van kind na onafhanklike volwassene

  • Die betekenisvolheid om die "huis te verlaat" is nie so seer die fisieke nie, maar meer sielkundig en emosioneel

  • ons skep 'n nuwe "middelpunt" — ons hoogste lojaliteit moet teenoor mekaar wees


Ondersteun mekaar. 


Indien nodig moet grense gestel word, nie om jou band met jou ouers te breek nie, maar om met hulle op 'n nuwe manier as 'n egpaar te verbind.



Luister na jou ouers se raad, maar neem julle eie besluite.



Bou gesonde familieverhoudinge


1. Los geskille op



Gebruik dieselfde proses wat ons bespreek het in Dag 4 om die drein oop te maak:




  • identifiseer en praat oor wat die geskil veroorsaak

  • vra om verskoning indien jy verkeerd was

  • kies om te vergewe en aan te beweeg


2. Oorweeg hulle behoeftes



Dit kan nuttig wees om saam met ouers die inisiatief te neem oor dinge soos:




  • by hulle te kuier

  • hulle in staat te stel om hul kleinkinders te sien

  • saam met hulle te beplan watter vakansies julle saam sal deurbring

  • hulle te bel


Kyk na die verlede


Ons bring verskeie ondervindinge van ons familieagtergrond die huwelik binne:




  • wat was goed (wees dankbaar daarvoor)

  • wat was verskillend van jou huweliksmaat se belewenis (verstaan dat dit konflik kan veroorsaak)

  • wat was negatief (en kan nog seer veroorsaak)


Die genesing van pyn gedurende kinderjare


1. Treur oor jou en jou huweliksmaat se onvervulde behoeftes



Jy mag sterk gevoelens beleef wanneer julle dit doen, maar om te erken en te besef dat jy seer ervaar het, is 'n groot tree vorentoe. Laat jou huweliksmaat toe om te praat oor wat hulle beleef het, of gemis het en bied vir hulle emosionele ondersteuning.



2. Vergewe



Laat vaar voortdurende verwagtinge en verlange van wat jy wou gehad het jou ouers of ander vir jou moes wees. Onthou, vergifnis is 'n keuse wat oor en oor geneem moet word en is noodsaaklik vir genesing.



Om iemand te vergewe is nie om hulle optrede te aanvaar of vir hulle toestemming te gee om aan te hou met wat hulle gedoen het nie. Vergifnis is om vrygespreek te word van wat jou seermaak. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Marriage Course

Die huwelik is ontwerp as die naaste moontlike verhouding van toenemende intimiteit en onderlinge afhanklikheid, maar dit gebeur nie vanself nie. Ons moet aanhoudend daaraan werk om aan ons huwelik verbind te bly. Hierdi...

More

Baie dankie aan Alpha wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://themarriagecourse.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid